Die Boodskapper Flashcards
Watter tipe gedig is dit?
Vrye vers. daar is nie ’n vaste rympatroon nie.
Noem drie maniere waarop “my” en “jou” in strofe 1 uitgelig word.
Die kort versreëls, die woorde staan aan die einde van die versreëls en die witinkeping.
Wie is die “boodskapper” in die titel?
Die aandster, Venus.
Wat behels hierdie boodskap?
Die “my” se liefde vir die “jou”.
Alhoewel die aandster ver weg is, voel die spreker tog naby aan die “jou”.
- Verduidelik die beeld in strofe 2 wat die stelling bevestig
- Verduidelik die beeld in strofe 3 wat die stelling bevestig
- Die boodskap is net ’n gedagte weg van die spreker.
2. Dit is net die uitsteek van ’n hand weg.
Wat, dink jy, staan in die brief geskryf?
Die spreker verklaar sy liefde aan die “jou”.
Waarom, dink jy, is daar ‘n soentjie op die omslag?
Die soentjie wys dat dit ’n liefdesbrief is.
Watter woorde in die gedig bevestig moontlik die idee van liefde?
Venus, soentjie, oogknip
Wat kan ‘n mens uit die woord “aandklas” aflei?
Die persoon is moontlik ’n deeltydse student.
Wat, dink jy, is moontlik ‘n rede vir die wit inkeping in die laaste versreel?
Dit wit verteenwoordig die uitsteek van die hand na die boodskap, m.a.w. nadie liefde.