Eerste Bedryf Toneel 3 Flashcards
Beskryf die plan wat Elias beraam het om olifanttande te kry
Hy het die olifant ingewag. Hy het ‘n boom so gekap dat hulle by die afgrond sou afval as hulle teen die boom druk.
Wat moes Elias alles neergooi?
Die handbyl, die kortsaag, die osrieme, die kombers.
Waaroor is Barta veral ontsteld?
Oor die kombers, want hulle het nie genoeg komberse nie.
Wat sou jy kon aflei uit Nina se eerste woorde in die drama?
Dat sy lief is vir die natuur/ dat sy dinge waardeer wat hulle nie waardeer nie.
Wat is Barta se reaksie op die uil? Hoekom?
Sy wil he Nina moet hom wegjaag, want hy bring ongeluk.
Wie het die boswagter na die Van Rooyens gestuur?
Die magistraat op Knysna
Watter nuus bring die boswagter?
Dat daar ‘n moontlikheid bestaan dat Lukas lewend gevind is
“Jy sê hulle het die kind in die Lange Kloof gekry?” Watter afleiding kan jy maak uit hierdie vraag van Elias?
Hy kan self nie glo dat ‘n kind van drie in die Lange Kloof kon eindig nie.
Wat moet Elias en Barta doen?
Hulle moet Vrydag in die hof op die dorp wees.