Derde Bedryf Toneel 1 Flashcards
Watter werk gaan Nina op die dorp doen?
Kinderoppasser
Hoekom stuur Elias haar na die dorp toe om daar te gaan werk? Hoekom is dit onregverdig?
Om geld te maak. Dit is onregverdig, want sy moet alles vir hom aan die einde van die maand stuur.
Wie gaan vir Nina dorp toe neem as Lukas van haar afskeid neem?
Die boswagter
Hoekom is Nina op haar senuwees oor die dorpsmense?
Die dorpenaars spot met die bosmense.
Watter raad gee Lukas vir haar?
Hou jou kop in die lug, solank jou kop nie sak nie; sal jou hart ook nie.
Hoekom wil Lukas haar nie laat alleen verder loop nie? Noem twee redes.
Hy is bang die grootvoete trap haar. Hy is bang sy loop weg.
Hoekom het Elias vir Lukas gestuur om vir Nina te soek?
Sy het weggeloop en niemand weet waar sy is nie.
Wat trek sy aandag op pad daarnatoe?
‘n Spookskip by Noetzie.
Wat gaan met die skip gebeur?
Dit gaan teen die rotse stukkend slaan
Hoekom staan veldkornet Armstrong langs die water?
Hy waak oor die skip.
Hoe weet Armstrong Lukas kom uit die Bos?
Lukas kyk die heeltyd op na die sterre.
Hoekom het Miss Weatherbury vir Nina in diens geneem?
Sy het hulp in die huis nodig gehad / Sy wou haar goeie maniere te leer.
Watter leuen het Nina vir Miss Weaterbury vertel?
Sy het gesê dat sy nie familie het nie.
Hoekom wil Nina nie hê haar pa moet weet waar sy is nie?
Sy gaan nie langer haar geld vir hom gee nie. Hy moet self daarvoor werk.
Watter guns vra Lukas vir Nina?
Hy vra vir haar om na die Bos te gaan en vir hulle pa te sê dat hy nie teruggaan nie. Hy is klaar met die Bos.