Tweede Bedryf Toneel 4 Flashcards
Watter twee lelike name noem Elias vir Lukas?
Blikskottel en angel.
Wat dwing Elias vir Lukas om te sê?
Dat Elias sy pa is.
Wat doen Elias elke keer as Lukas ‘n antwoord gee?
Hy slaan hom.
Hoekom skrik Barta as Elias en Lukas by die huis kom?
Lukas is vol merke geslaan.
Hoekom is Nina in die huis toegesluit?
Elias voel dat die bos nie ‘n plek is vir ‘n meisie nie en hy wil haar binne hou.
Wat doen Elias as Nina uitglip?
Hy gryp die osriem en agtervolg haar.
Hoe weet ons dat Nina reeds weet dat haar pa haar gaan slaan?
Sy skree reeds as sy by die huis inkom.
Wat doen Willem, Kristoffel, Barta en Lukas terwyl Elias vir Nina slaan?
Willem keer by die deur, Kristoffel keer by die venster, Barta keer vir die kers en die skottel op die tafel. Lukas druk sy hande oor sy ore.
Wat vertel die reaksies van die verskillende karakters oor die situasie?
Willem en Kristoffel is gewoond daaraan en weet hulle moet hulle pa “help” as iemand geslaan word.
Barta is besig met iets en sy nie teen haar man hoef op te staan nie.
Lukas is gevang in ‘n situasie waaraan hy glad nie gewoond is nie en sukkel om te hanteer.
Hoekom, dink jy, sê Barta dat die skêr nie knip nie?
Sy hoop dat Elias nie Nina se hare sal afsny nie.
Watter ander plan maak Elias?
Hy gryp ‘n mes.