Tweede Bedryf Toneel 2 Flashcards
Barta en Elias eet Lukas se kos uit sy trommel. Wat wys dit van hulle toestand?
Hulle toon geen respek vir hom as persoon nie. Hulle sê nooit hoe bly hulle is dat hy gevind is nie.
Hoekom wil Lukas nêrens saam met Nina gaan nie?
Hy wag vir sy ma.
Verduidelik in jou eie woorde: “…hy gee jou nog net vandag om uit jou nuk te kom. Van môre af gaat hy vir jou lekker kortvat.”
Elias is moeg dat Lukas net sit. As hy nie doen wat Elias wil hê nie, gaan Elias hom slaan.
Hoe weet jy dat Nina lief is vir die bos en alles wat deel is daarvan?
Sy sê dat Lukas moet luister, want die bosduif en loerie skree op dieselfde tyd.
Wat wil Nina vir Lukas wys op pad na die Diepwalle-pad?
Haar geheim.
Wat moet jy doen as ’n olifant jou jaag?
Jy moet ‘n dik boom kies om te klim.
Lukas _____________ nie vir Nina nie. Sy het sy slaaphemp as ‘n ______ gedra. Sy het in die ______________ geval en Lukas was ____________. Lukas hou vol dat hy ____________________ se kind is. Nina vra hoe ’n _____________ mens ‘n ____________ kind kan hê
vertrou rok modder kwaad / ontsteld Fiela Komoetie bruin wit
Wat doen Nina as Lukas sê dat hulle moet omdraai?
Sy hardloop weg en kruip weg.
Hoekom noem Lukas vir Nina simpel en onbeskof?
Sy het weggekruip en hy was bang.
Waar het Nina haar vier verskillende bottels gekry?
Die soetoliebottel en twee blou bottels het sy opgetel en die kraffie het sy by tant Gertjie gesteel.
Waarvoor gebruik Nina die bottels?
Dis haar musiek. Sy maak die geluide van die voëls na.
Wat sweer Nina en Lukas vir mekaar?
Nina sweer dat sy hom die volgende dag na die pad sal neem en Lukas sweer hy sal vir haar die vyf sjielings gee.
Waarom is Barta bang dat Elias vir Lukas sal slaan?
Die magistraat sal iemand stuur om te kyk hoe dit met Lukas gaan en sy is bang dat daar merke aan Lukas sal wees.
Wat bedoel Elias as hy sê: “Dis in my vuur wat die kaiing lê”?
Die geluk is aan sy kant. Hy is nie bang vir die magistraat nie.
Wat sien Elias as sy vaderlike plig?
Om sy kinders te slaan.
Hoekom probeer Nina skelm by die huis insluip?
Sy weet haar pa gaan haar slaan.
Wat het Nina en Lukas heelwaarskynlik gedoen?
Hulle het ophou werk en in die bos verdwyn.
Hoe laat Nina vir Lukas in die steek?
Sy vertel vir Elias dat hy weggehardloop het en dat sy hom gaan soek het.
Waarheen was hy op pad en waar het Nina hom laas gesien?
Hy was op pad Diepwalle toe en sy het hom in Kom-se-bos gesien.
Hoe weet jy dat Elias vir Lukas gaan slaan as hy hom kry?
Hy neem die osriem saam.
Hoe weet jy Elias gaan soek tot dit donker is?
Hy neem die lantern saam.
Soek bewyse uit hierdie toneel vir die volgende:
a. Elias is ’n ongeduldige man b. Nina is lief vir die voëls van die bos c. Elias boelie sy vrou d. Ironie
a. Hy word kwaad as Lukas nie sy broer en suster groet nie.
b. Sy hoor die bosduif en loerie saam skree, sy maak voëlgeluide na met haar
bottels.
c. Hy beveel haar om sy patats reg gaar te maak, hy skel haar en luister nie
na enige raad wat sy gee nie. Dis duidelik dat sy bang is vir hom.
d. Dis ironies dat Elias kla dat Lukas slegte gewoontes by die bruin mense
geleer het, maar dit is waar Lukas van liefde en egte familie-waardes geleer het. By die wit mense (veral Elias) word hy nie soos ‘n geliefde kind behandel nie, maar soos ‘n slaaf.