Sirkulasie en respiratoriese stelsels Flashcards
Elke individuele sel in jou liggaan het ‘n konstante voorraad van 2 goed nodig vir selrespirasie. Wat is die 2 goed?
- Suurstof
- Glukose
Hoe word die suurstof en glukose na die selle gebring?
Deur die bloedstelsel
Wat produseer die sel as ‘n afvalproduk en hoe word dit weggeneem?
Koolstofdioksied, word deur die bloed weggeneem
Kan mense suurstof in hulle liggame stoor?
Nee, daarom het ons ‘n konstante voorraad nodig.
Hoekom moet koolstofdioksied gedurig uit die liggaam verwyder word?
Omdat dit giftig raak as dit ophoop.
Wat is die respiratoriese stelsel verantwoordelik voor?
Om suurstof uit die omgewing op te neem en van koolstofdioksied ontslae te raak.
Hoe asem ons lug in?
Wanneer ons lug inasem, word lug deur die lugweë tot in ons longe gesuig.
Drie stelle spiere veroorsaak die normale asemhalingsbewegings. Noem en verduidelik.
- Die spiere tussen die ribbe, die tussenribspiere of interkostale spiere - inwendige tussenribspiere en uitwendige tussenribspiere
- Die diafragma - ‘n groot vel spiere en elastiese weefsel wat onder die longe en hart, dwars oor die liggaam strek en die borsholte en buikholte skei.
- Die buikspiere
Die binnekant van die longe is oop na die atmosfeer d.m.v watter 2 goed?
- Brongi
- Tragea
Die lugdruk in die longe is gelyk aan wat?
Atmosferiese druk.
In watter 3 fases kan die asemhalingsproses verdeel word?
- Inhalasie of inaseming
- Ekshalasie of uitaseming
- ‘n Kort rusperiode
Hoekom sê ons dat inaseming ‘n aktiewe proses is?
Want dit behels die sametrekking van verskillende spiere.
Verduidelik die proses van inaseming.
Die spiere van die diafragma trek saam. Dit trek die diafragma afwaarts en plat. Die toraksholte word nou van bo na onder vergroot. Die buikspiere verslap terselftertyd om die ingewande te akkommodeer. Terselftertyd trek die uitwendige tussenribspiere saam. Dit veroorsaak dat die ribbekas boontoe en buitentoe trek en die borsholte word verder vergroot. Gevolglik verminder die druk tussen die longvliese en die longe en dit veroorsaak dat die sponsagtige, elastiese longe saam met die toraks uitsit.
Namate die volume van die toraks toeneem, daal die druk aan die binnekant van die longe tot minder as atmosferiese druk. Dit skep ‘n suigkrag binne-in die toraks, in die rigting van die uitgerekte longe. Suurstofbelaaide lug beweeg van die hoër druk buite die liggaam, deur die neusholtes, tragea en brongi tot in die elastiese longe, waar die lugdruk laer is. Hierdie invloei van lug gaan voort totdat die druk binne die longe gelyk is aan atmosferiese druk en dit uiteindelik ook die alveoli diep in elke long bereik het.
Verduidelik die proses van uitaseming.
‘n Paar sekondes na inaseming ontspan die diafragma en uitwendige tussenribspiere. Die diafragma beweeg terug na sy oorspronklike posisie en die ribbekas sak af. Die buikspiere trek nou saam en druk die ingewande opwaarts tot teen die diafragma. Albei hierdie bewegings laat die volume van die toraks afneem.
Die druk tussen die longvliese en die longe vermeerder nou en die longe word weer platgedruk. Dit veroorsaak dat die druk in die longe nou meer as atmosferiese druk is. Lug in die longe word nou na buite uitgepers, deur die brongi, die tragea en die neusholtes of mond totdat die druk binne die longe en die atmosferiese druk weer gelyk is.
Waarom sê ons dat uitaseming nie ‘n aktiewe proses is nie?
Dit behels slegs die ontspanning van die diafragma en die uitwendige tussenribspiere.
Soms asem jy kragtiger uit - wanneer jy hoes of ‘n kers doodblaas. Dan trek die inwendige tussenribspiere sterk saam, wat die ribbekas nog verder laat sak. Die buikspiere trek nog sterker saam en druk die ingewande meer teen die diafragma. Dit help om die ekstra lug uit die longe te pers.
Kyk na die volgende skets van hoe die toraks tydens asemhaling van vorm verander. Leer die byskrifte.
Wat is die funksie van die longe?
Om lug so vinnig as moontlik na die bloed te bring. Suurstof kan dan oorgedra word van die lug tot in die bloed en die bloed kan die suurstof by al die selle in die liggaam uitbring.
Verduidelik die proses van gaswisseling.
Koolstofdioksied kan vanaf die selle na die bloed oorgaan en die bloed neem dit na die longe waar dit weer in die longe en dan na buite die liggaam beweeg. Dié proses word gaswisseling genoem.
Waar vind gaswisseling plaas?
Gaswisseling vind in die alveoli van die longe plaas en ook op verskillende weefseloppervlakke.
Wat is die respiratoriese oppervlak van die longe?
Die wande van die alveoli is die respiratoriese oppervlak van die longe.
Hoe lyk die alveoli?
Baie klein bloedvate, haarvate of kapillêre vate, is styf om die buitekant van die alveoli gedraai. Die binnekant van die alveoli is met ‘n dun slymvlies uitgevoer.
Wat moet eers gebeur met suurstof en koolstofdioksied voor dit deur die selmembrane van selle kan diffundee?
Suurstof en koolstofdioksied moet eers in die klammigheid oplos voordat dit deur die selmembrane van selle kan diffundeer.
Kyk na die volgende skets oor die proses van gaswisseling in die alveoli en leer die byskrifte.
Hoe dik is die wande van die alveoli?
Slegs een sellaag dik.