Die Sirkulasiestelsel Flashcards
Noem 3 goed wat alle selle nodig.
- Water
- Voedsel
- Suurstof
Wat is die doel van die sirkulasiestelsel?
Selle benodig stowwe om te funskioneer en afvalstowwe moet ook verwyder word. Organismes het vervoerstelsels nodig om stowwe by die selle uit te bring en afvalstowwe weg te neem. Dit is omdat baie van die selle ver van die organe waar voedingstowwe ens gebsorbeer of uitgeskei word.
Wat word die sirkulasiestelsel by mense genoem?
Bloedstelsel of bloedsomloop.
Waaruit bestaan die bloedstelsel?
‘n Netwerk van bloedvate wat bloed na elke sel in die liggaam neem. ‘n Pomp (die hart) laat die bloed deur die vate vloei.
Bestudeer die volgende skets van die menslike sirkulasie stelsel en leer die byskrifte.
Kyk nou of jy die skets van die menslike sirkulasiestelsel kan benoem.
Verduidelik die funksie van die hart en hoe dit werk.
Die hart pomp bloed duer die hele liggaam. Dit bestaan uit ‘n spesiale soort spier genaamd die hartspier. Diè spier trek outomaties en ritmies saam en ontspan, jou hele lewe deur.
Kyk na die volgende skets van ‘n snit deur die hart en leer die byskrifte.
Kyk of jy nou self die byskrifte kan benoem om die snit deur die hart.
In hoeveel kamers word die hart verdeel en hoe staan hulle bekend?
4 kamers. Die boonste 2 kamers is die atria (enkelvoud - atrium) en die onderste 2 kamers staan as die ventrikels bekend.
Wat skei die kamers aan die linkerkant van die kamers aan die regterkant?
‘n Septum
Verduidelik die funksie van die atria.
Die atria ontvang bloed, óf van die longe óf van die liggaam en lewer dit direk aan die ventrikels.
Verduidelik die funksie van die ventrikels.
Die ventrikels pomp die bloed uit die hart na die longe en deur die liggaam.
Hoeom sê ons dat die hart eintlik 2 pompe langs mekaar is?
Omdat die regterkant van die hart heeltemal van die linkerkant geskei is. Die linkerkant pomp bloed na die kop en die liggaam. Die regterkant pomo bloed na die longe.
Noem die 3 soorte bloedvate in die menslike liggaam.
- Slagare
- Bloedhaarvate of kapillêre
- Are
Verduidelik die funksie van slagare.
Slagare neem bloed weg van die hart. Die bloed in die slagare verkeer onder hoë druk, dus moet die slagaarwande sterk wees. Slagare het dus ‘n dik spierlaag in die wand van die bloedvat.
Verduidelik hoe bloedhaarvate of kapilêre vate werk.
Slagare verdeel herhaaldelik en vorm uiteindelik baie klein vaatjies. Dit is bleodhaarvate of kapilêre. Die werk van haarvate is om suurstof, voedsel en ander stowwe by die liggaamsweefsel uit te bring en afvalstowwe op te laai. Dit beteken hul wande is baie dun sodat hierdie stowwe daardeur kan beweeg. (uit en in)
Verduidelik hoe are vorm, en wat hulle funksie is.
Die haarvate loop geleidelik weer in mekaar om groot vate, naamlik are te vorm. Are neem bloed terug na die hart. Teen die tyd dat die bloed weer in die are loop, het dit die meeste van sy druk verloor en beweeg dit redelik stadig. Dus het die are nie sterk, elastiese wande soos slagare nodig nie. Pleks daarvan is die wande wyd en het are kleppe wat help dat die bloed net in een rigting vloei.
Waaruit bestaan bloed?
Bloed bestaan uit verskillende selle wat in ‘n waterige plasma dryf. Die volopste komponente van bloed is rooibloed-liggaampies, witbloedselle en plaatjies.
Wat noem ons die rooi pigment wat in rooibloedliggaampies voorkom?
Hemoglobien - dit dra suurstof deur die liggaam.
Wat is die funksie van witbloedselle?
Dit help om infeksies te beveg en die plaatjies help bloed om te stol.
Wat is sommige van die funksies van bloed?
Bloed vervoer talle verskillende opgeloste stowwe in die menslike liggaam. Dit sluit in suurstof, voedsel, hormone en afvalstowwe soos koolstofdioksied en ureum. Bloed versprei ook hitte deur die liggaam en help met temperatuur regulering.
Noem 3 gesondheidskwessies wat verband hou met die sirkulasie stelsel.
- Hoë bloeddruk of hipertensie
- ‘n Hartaanval
- Beroerte
Verduidelik hoë bloeddruk of hipertensie.
Verduidelik ‘n hartaanval.
Verduidelik ‘n beroerte.