Die uitskeiding stelsel Flashcards
Selle produseer voortdurend afvalprodukte. Noem 2 afvalprodukte wat die selle produseer.
- Koolstofdioksied
- Ureum
Hoekom kan hierdie afvalprodukte selle beskadig?
Omdat dit giftig is.
Wat is die funksie van die uitskeidingstelsel?
Om gifstowwe uit die liggaam te verwyder.
Mense het spesiale organe waarmee metaboliese afval uit die liggaam geskei word. Noem 4 van hierdie organe en verduidelik watter afvalstowwe dit uitskei.
- Longe - koolstofdioksied
- Vel - sweetkliere skei soute en ureum uit
- Lewer - skei galpigmente na die spysverteringstelsel uit
- Niere - skei stikstofhoudende afvalstowwe, hoofsaaklik ureum, uit.
Die uitskeidingstelsel beheer ook die water en soutinhoud van die liggaam. Wat word die beheer van die waterinhoud van die liggaam genoem?
Osmoregulering
Wat is die 4 hoofprosesse van die uitskeidingstelsel?
- Filtrasie
- Absorbsie
- Diffusie
- Ekskresie
Onthou FADE
Verduidelik Filtrasie as een van die 4 hoofprosesse van die uitskeidingstelsel.
Verduidelik Absorbsie as een van die 4 hoofprosesse van die uitskeidingstelsel.
Verduidelik Diffusie as een van die 4 hoofprosesse van die uitskeidingstelsel.
Verduidelik Ekskresie as een van die 4 hoofprosesse van die uitskeidingstelsel.
Wat is ‘n ander woord wat beteken om iets na ‘n liggaamsdeel te bring?
Afferent of toevoerend
Wat is ‘n ander woord wat beteken om iets weg te neem van ‘n liggaamsdeel ?
Efferent of afvoerend
Waaruit bestaan die menslike nier?
Die menslike nier bestaan uit sowat een miljoen mikroskopiese struktuurtjies genaamd nefrons.
Wat noem ons die funksionele eenheid van die nier
Nefrons
Waarvoor is nefrons verantwoordelik?
Vir ekskresie en osmoregulering.