Menslike Voortplanting Flashcards
Waarom is voortplanting noodsaaklik?
Dit is noodsaaklik vir die oorleweing van ‘n spesie en vir die oordrag van genetiese materiaal aan die nuwe generasie.
Wat is die funksie van die voortplantingstelsel?
Om reproduktiewe selle, genaamd gamete, op te lewer en die gamete voor te berei op bevrugting.
Verduidelik kortliks wat bevrugting beteken.
Die man stort die gamete in die vroulike voortplantingskanaal. Die vroulike voortplantingsorgane voed die bevrugte eiersel en bied ‘n omgeweing vir die ontwikkeling daarvan tot ‘n embrio, ‘n fetus en ‘n baba.
Verduidelik wat puberteit is.
Dit is die stadium in die menslike lewenssiklus wanneer die geslagsorgane ryp word. Sodra ‘n persoon seksueel ryp is kan hy of sy kinders hê.
Wat word die tyd genoem wanneer die verandering van puberteit begin plaasvind?
Adolessensie
Op watter ouderdom begin puberteit plaasvind?
Die ouderdom wissel van persoon na persoon. By meisies kan dit by 10 jaar begin en by seuns 12 jaar en dit kan duur tot op 16 en 19 jaar oud onderskeidelik.
Wanneer begin die proses?
Sodra die pituïtêre klier in die brein hormone in die bloedstroom vrystel wat die testes stimuleer om
testosteroon vry te stel of die ovariums (eierstokke) om estrogeen vry te stel.
Wat noem ons die geslagshormone by meisies en seuns?
Meisies - estrogeen
Seuns - testosteroon
Hoekom is puberteit vir baie tieners ‘n moeilike tyd?
Omdat dit ‘n tydperk is van fisieke en emosionele verandering.
Noem 4 reaksies wat seuns toon op testosteroon vrystelling in die liggaam.
- Verdieping van die stem
- Aanwesigheid van pubiese en gesigshare, asook meer hare op die liggaam soos bors en bene.
- Groter spierontwikkeling
- Vergroting van die penis
Noem 5 reaksies wat meisies toon op estrogeen vrystelling in die liggaam.
- Ontwikkeling van borste
- Aanwesigheid van pubiese en onderarmhare
- Vetneerslae wat die kenmerkende vroulike vorm gee
- Ovulasie
- Menstruasie
Waar vind ons die testes (enkelvoud: testis) ?
In die sakkerige skrotum buite die liggaam.
Wat word in die testes vervaardig?
Sperm
Waar word sperm gestoor?
In die epididimis
Waarvoor is die uretra verantwoordelik?
Die uretra voer sperm en urien deur die penis na buite. Die sperm beweeg eers vanaf die epididimis deur die saadbuis (of vas deferens) en open in die uretra.
Wat word die manlike orgaan genoem wat verantwoordelik is vir kopulasie?
Die penis