Die verskille tussen plant en dierselle Flashcards
Noem een van die grootste verskille tussen plant en dierselle.
Plantselle het het ‘n selwand wat uit sellulose bestaan om vorm aan die sel en steun aan die plkant te gee, terwyl dierselle het nooit selwande van sellulose nie en word slegs deur ‘n selmembraan omhul en het dus nie ‘n spesifieke vorm nie.
Waaruit bestaan sellulose?
Sellulose is ‘n nie-lewende en nie-elastiese koolhidraat wat vesels vorm wat kruis en dwars oor mekaar loop om ‘n baie sterk bedekking vir die sel te vorm.
Wat beteken ten volle deurlaatbeur?
Vanweë die spasies tussen die vesels van sellulose kan die meeste stowwe deur die sellulose-selwand beweeg.
Noem 2 funskies van die selwand.
- Die selwand handhaaf die vorm van die plantsel.
- Dit versterk en beskerm die inhoud van die sel.
Wat word die groot spasies binne-in die sitoplasma van plantselle genoem?
Vakuole
Waarmee is vakuole gevul?
Vakuole is gevul met ‘n waterige vloeistof bekend as selsap.
Wat word die membraan genoem wat die vakuool omring?
‘n Tonoplast - dit het min of meer dieselfde struktuur as ‘n selmembraan.
Noem 3 funksies van vakuole.
- Vakuole berg water, minerale soute, pigmente en ander oplosbare verbindings.
- Hulle is verantwoordelik vir die opname van water en help met die vervoer van stowwe tussen selle.
- Vakuole handhaaf die geswollengeid (turgor) van selle en bied meganiese steun.
Besit dierselle ook vakuole?
Nie gewoonlik nie maar as daar vakuole in dierselle aanwesig is, is daar baie van hulle en hulle is gewoonlik dan baie klein.
Wat is die funksies van vakuole in dierselle?
Vakuole verrig gespesialiseerde funksies soos vertering, regulering van die waterinhoud van die sel of uitskeiding.
Wat word nooit in dierselle aangetref nie?
Chloroplaste
Hoe lyk chloroplase en waar tref mens dit aan?
Slegs plantselle bevat chloroplaste wat die klein, groen strukture in hul sitoplasma is.
Hoekom is chloroplaste groen?
Dit is groen omdat dit die groen kleurstof of pigment Chlorofil bevat.
In watter dele van plante sal chlorofil aantref?
Net die groen dele van plante wat bokant die grond is.
Wat is die funksie van chlorofil?
Chlorofil absorbeer sonlig wat gebruik word om voedsel met behulp van water en koolstofdioksied tydens die proses van fotosintese te vervaardig.