K4 - Eenheid 2: Die litosfeer Flashcards
Wat is ‘n ander naam vir die algemene studie van rotse?
Litologie
Wat beteken die woord “lith”
Rotse of gesteentes
Kyk na die volgende eenvoudige voorstelling van die dwarssnit deur die verskillende lae van die aarde. Leer die byskrifte.
Die aarde bestaan uit ‘n kern omring deur 2 lae. Wat is die name van die 2 lae?
Die mantel en die kors.
Die kern bestaan uit:
‘n Binneste en ‘n buitenste kern.
Die litosfeer bestaan uit 3 dele. Noem hulle.
- die soliede buitenste deel van die mantel
- die kors
- die grond
Wat is die skeidingsvlak of kontak tussen die kors en die atmosfeer?
Die grond - baie van die geologiese aktiwitieit wat aardbewings, vulkane en selfs tsoenami’s veroorsaak , vind in hierdie sone plaas.
Kyk na die volgende voorstelling van die litosfeer en leer die byskrifte.
Verskillende kombinasies van elemente en verbindings vorm minerale in die kors. Noem 3 van hierdie minerale.
- Koper
- Goud
- Hematiet (Ysteroksied)
Koper (Cu) en gous (Au) is elemente sowel as minerale.
Wat is by verre die volopste elemente in die aardkors?
Silika (Si) en suurstof (O)
Watter ander elemente is ook volop in die aardkors?
Metaalelemente soos yster (Fe) en aluminium (AI)
Kyk na die volgende table wat wys hoe elemente kombineer om minerale te vorm, en hoe minerale kombineer om gesteentes te vorm. Leer die byskrifte.
Wat noem ons die natuurlike, deurlopende proses waar rotse oor lang tydperke, tipies miljoene jare, gevorm, afgebreek en opnuut gevorm word?
Die rotssiklus.
Kyk na die volgende diagram van die rotssiklus en leer die byskrifte.
Noem die 3 soorte rotse of gesteentes.
- Stollingsgesteentes
- Sedimentêre gesteentes
- Metamorfiese gesteentes
Verduidelik wat stollingsgesteentes is en hoe dit vorm.
Verduidelik wat sedimentêre gesteentes is en hoe dit vorm.
Verduidelik wat metamorfiese gesteentes is en hoe dit vorm.
Kyk na die volgende voorstelling van die rotssiklus en leer die byskrifte.
Watter tipe stollingsgesteente kan op water dryf en hoekom?
Puimsteen, want dit het soveel holtes wat met lug gevul is.
Wat is magma?
Magma is gesmelte (warm en vloeibare) materiaal afkomstig uit die mantel.
Hoe vorm magma gesteentes?
Hoe vorm vulkane?