Selle as die basiese eenheid van lewe Flashcards
Watse tipe sel is hierdie?
‘n Spermsel
Watse tipe sel is hierdie?
‘n Spiersel
Watse tipe sel is hierdie?
‘n Plantsel
Noem 4 dinge wat plant en dierselle besit.
- Selmembraan
- Sitoplasma
- Selkern
- Organelle soos mitochondria, vakuole en chloroplaste
Waardeur word ‘n plantsel omring?
‘n Selwand
Is ‘n rooibloedliggampie ‘n sel?
Nee, dit is nie ‘n ware sel nie want dit het nie ‘n selkern nie.
Wat is die selmembraan?
Dit is die buitenste laag van die lewende deel van die sel. Dit omsluit die inhoud van die sel.
Hoe lyk die selmembraan?
Dit is ‘n baie dun laag en by plantselle is dit baie moeilik om te sien omdat dit reg teen die selwand lê.
Uit watse stowwe bestaan die selmembraan?
Proteine en Vette
Wat is die doel van die selmembraan?
Dit sorg dat die inhoud van die sel binne bly en dit reguleer ook die in en uitbeweging van alle stowwe wat die sel wil verlaat of binnegaan. Dit beteken die membraan is DIFFERENTIEEL DEURLAATBAAR.
Wat vorm die grootste deel van die inhoud van die sel?
Die sitoplasma
Waar is die sitoplasma geleë?
Binne in die selmembraan en omring deur die selkern.
Hoe lyk die sitoplasma?
Dit is ‘n jellie-agtige stof wat hoofsaaklik uit water bestaan waarin talle ander stowwe opgelos is.
Wat is die doel van die sitoplasma?
Honderde chemiese reaksies vind binne in die sitoplasma plaas. Hierdie reaksies is almal verantwoordelik vir die metabolisme van die sel.
Strukture genaamd organelle word ook in die sitoplasma aangetref. Noem 4 voorbeelde van organelle.
- Vakuole
- Chloroplaste
- Mitochondria
- Selkern (die maklikste sigbaar onder ‘n mikroskoop)
Watse tipe sel is hierdie?
Benoem die byskrifte van die diersel.
Watse tipe sel is hierdie?
Benoem die byskrifte van die plantsel.
Wat is die doel van die selkern?
Die selkern beheer alles wat in die sel gebeur.
Deur wat word die selkern omring?
‘n Dubbele kernmembraan met gaatjies wat porieë genoem word.
Wat noem ons die jellieagtige matriks wat binne in die selkern voorkom?
Die nukleoplasma
Wat kom binne in die nukleoplasma voor?
Dun draadjies genaamd chromosome kom voor in ‘n suspensie binne in die nukleoplasma. Een of twee klein liggaampies genaamd nukleoli (nukleolus - enkelvoud), kom ook binne in die nukleoplasma voor.
Wat is die chromatien netwerk?
By tye wanneer die sel nie verdeel nie, is die chromosome in die vorm van ‘n netwerk gerangskik. Dit is die chromatiennetwerk.
Noem 2 goed waarvoor die selkern verantwoordelik is.
- Beheer die struktuur en werking van die sel.
- Bevat die erflike eienskappe van die organisme.
Benoem die selkern skets.
Uit watter stowwe bestaan chromosome?
Elke chromosoom bestaan uit ‘n lang molekule van ‘n stof genaamd DEOKSIRIBONUKLEÏNSUUR (DNS) en proteine.
Wat is die doel van die DNS?
Die DNS dra die erflike materiaal of gene van ‘n organisme. Kleur van jou hare, oë, genetiese siektes. Elke geen is ‘n stuk van ‘n DNS molekuul. Die DNS van elke organisme is uniek.(Behalwe as jy deel is van ‘n identiese tweeling)
Elke spesie van die verskillende organismes het sy eie aantal en verskeidenheid gene. Hoeveel het ‘n mens?
Mense het ‘n groot hoeveelheid gene wat op 46 chromosome gedra word.
Benoem die volgende skets.
Wat is mitochondria? (Enkelvoud - mitochondrion)
Dit is klein organelle wat in die sitoplasma van selle gelee is.
Verduidelik wat binne in die Mitochondria plaasvind tydens die proses van selrespirasie en gee die rede daarvoor.
Binne in die mitochondria reageer suiker, glukose en suurstof tydens die proses van selrespirasie met mekaar om energie vir die aktiwiteite van die sel vry te stel.
Mitochondria staan as bekend as die wat van die sel?
Die kragstasies
Hoekom het spierselle so baie mitochondria?
Omdat spierselle so baie energie nodig het.