K4 - Eenheid 3: Ontginning van minerale hulpbronne Flashcards
Suid-Afrika het ‘n groot konsentrasie baie waardevolle elemente en minerale. Noem 4.
- Goud
- Diamante
- Platinum
- Yster
Diep onder die aardkors, onder enorme druk, verbind elemente om wat te vorm?
Minerale
Diep onder die aardkors, onder enorme druk, verbind minerale om wat te vorm?
Gesteentes
Wat word rots genoem wat ‘n hoë konsentrasie van ‘n waardevolle mineraal besit genoem?
Erts
Groot hoeveelhede erts vorm wat?
‘n Ertsliggaam
As ‘n ertsliggaam groot genoeg word, word dit kommersieel gemyn. Noem 3 ertsliggame wat belangrik is vir die Suid-Afrikaanse ekonomie.
- Ystererts
- Platinumerts
- Gouderts
Kyk na die volgende vloeidiagram van die ontginning van ystererts en leer die byskrifte.
Noem 3 minerale wat in hul oorspronklike vorm gebruik kan word.
- Sand
- Potas
- Diamante
Wat word die rots genoem wat in enorme hoeveelhede gemyn word om slegs ‘n paar karaat se diamante per ton te herwin?
Kimberliet.
Uit watter deel van die aarde word erts gemyn?
Die kors.
Verduidelik wat beteken verfyning van minerale?
Die meeste minerale vereis ‘n chemiese of fisiese proses om die vereiste materiaal uit sy erts te ontgin of te onttrek. Yster wort uit ystererts ontgin met ‘n chemiese proses, wat behels dat die erts by baie hoë temperature gesmelt word en die yster uit sy geoksideerde staat gereduseer word. Goud word in ‘n fisiese proses uit gouderts ontgin omdat die goudmetaal in sy erts gekonsentreer is en nie ‘n chemiese verandering ondergaan het nie.
Wat is ‘n allooi?
Dit is ‘n sekondêre metaal, soos chroom of koper wat met yster gemeng word om staal te maak.
Wat is vlekvrye staal?
Vlekvrye staal is veel buigsamer as gewone yster en roes moeilik.
Kennis van yster en koperontginning is duisende jare oud. Verduidelik hoe pre-koloniale Afrika minerale verwerk het en waarvoor hulle dit gebruik het.
Kyk na die volgende diagram oor hoe yster in ‘n hoogoond van ystererts geskei word en leer die byskrifte.
Wie was die sendeling wat verbaas was oor die hoë gehalte van die yster wat deur die Tonga-mense van die hedendaagse Zambië en Zimbabwe geproduseer was.
David Livingstone
Moderne prosesse meng kooks en ander metale soos chroom, met yster, om staal te maak. Wat is kooks?
Dit is ‘n vorm van gekonsentreerde koolstof wat vervaardig is uit steenkool.
Wat is slak?
Die onsuiwerheid wat in ‘n hoogoond agterbly, word slak genoem.
Wat is die chemiese vergelyking vir die skeiding van onsuiwerhede?
Daar is grootskaalse mynbou aktiwiteite in Suid-Afrika, en mynbou is ‘n belangrike deel van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Kyk na die volgende kaart wat mynbou aktiwiteite in Suid-Afrika aandui.
Ongeveer wanneer het metaalverwerking in Suider-Afirka ontstaan? Waarom het dit ontstaan?
Metaalverwerking in Suider-Afrika het om en by 2000 jaar gelede ontstaan toe swart landbouers koper en yster begin verwerk het. Groot ystervoorwerpe soos spiespunte het meer as 1000 jaar gelede hul verskyning gemaak.
Aan die negatiewe kant het mynbou ‘n ernstige omgewings-impak. Verduidelik hierdie stelling.
- Die skepping van mynhope, wat die afvalprodukte is nadat waardevolle minerale onttrek is.
- Besoedeling van waterbronne, bv die suur mynwater wat deursypel in Gauteng.
- Skade aan plekke met groot toerisme of kulturele waarde.
- Verlies van boerdery en natuurlewe