Assessering Eenheid 4 Flashcards
Waar of onwaar, en hoekom?
Die epiglottis hou die tragea en bronchi oop
Onwaar - die kraakbeenringe hou dit oop
Waar of onwaar, en hoekom?
Die uitwendige tussenribspiere trek tydens inhalasie saam.
Waar
Waar of onwaar, en hoekom?
Gedwonge ekshalasie/uitaseming is ‘n aktiewe proses.
Waar
Waar of onwaar, en hoekom?
Die longslagaar vervoer oksigineerde bloed.
Onwaar, dit vervoer deoksigeneerde bloed na die longe
Waar of onwaar, en hoekom?
Die linkerkant van die hart pomp bloed na die longe.
Onwaar, dit pomp bloed na die kop en liggaam
Waar of onwaar, en hoekom?
Die hoofaar wat bloed terugbring na die hart word die aorta genoem.
Onwaar, vena cava
Is deel A die regter of linkerlong?
Regterlong
Identifiseer die dele genommer
1
6
8
10
12
1 - Tragea
6 - Brongea
8 - Buitenste tussenribspier
10 - O gevormde kraakbeenringe / brongiool
12 - Ribbe
Skryf die naam en nommer neer van die deel wat deur die C-vormige kraakbeenringe oopgehou word.
Tragea / lugpyp Nr.1
Skryf die naam en nommer neer van die deel wat tydens inhalasie ondertoe beweeg.
Nr 14 - Diafragma
Skryf die naam en nommer neer van die deel wat uit been bestaan.
Nr 12 - Ribbe
Skryf die naam en nommer neer van die deel wat die stembande bevat.
Nr 2 - Larinks
Noem die funksie van die slymvlies waarmee die lugweë uitgevoer is.
Dit bevogtig die lug, vang stofdeeltjies op en raak van stofdeeltjies ontslae
Noem die funksie van die cilia teen die wande van die neusholte.
Dit vang stofdeeltjies en ander vreemde stowwe op.
Bestudeer die diagram wat die haarvate in die weefsel van ‘n mens toon en beantwoord die vrae wat volg:
Watter bloedvat (A of B) is ‘n aar?
B
Bestudeer die diagram wat die haarvate in die weefsel van ‘n mens toon en beantwoord die vrae wat volg:
Watter bloedvat (A of B) dra die meeste suurstof?
A
Bestudeer die diagram wat die haarvate in die weefsel van ‘n mens toon en beantwoord die vrae wat volg:
Watter bloedvat (A of B) bevat die minste koolstofdioksied?
A
Bestudeer die diagram wat die haarvate in die weefsel van ‘n mens toon en beantwoord die vrae wat volg:
Watter respiratoriese gas sal beweeg soos aangedui deur X?
Koolstofdioksied
Bestudeer die diagram wat die haarvate in die weefsel van ‘n mens toon en beantwoord die vrae wat volg:
Watter respiratoriese gas sal beweeg soos aangedui deur Y?
Suurstof
Die volgende vloeidiagram illustreer wat tydens sellulêre respirasie gebeur.
Verskaf byskrifte vir nommer 1 tot 5.
1 -
2 -
3 -
4 -
5 -
1 - Glukose / suurstof
2 - suurstof / glukose
3 - energie
4 - koolstofdioksied / water
5 - water / koolstofdioksied
Die volgende vloeidiagram illustreer wat tydens sellulêre respirasie gebeur.
Waarvoor word nommer 3 in die menslike liggaam gebruik?
Om te groei, om voort te plant, om te beweeg, metabolisme - enige 3 lewensfunksies
Die volgende vloeidiagram illustreer wat tydens sellulêre respirasie gebeur.
In watter deel van ‘n sel vind respirasie plaas?
Mitochondria
Die volgende grafieke stel Seremane se polsslag voor voordat hy met ‘n oefenprogram vir die atletiekseisoen begin het en drie maande later, tydens sy oefenprogram.
Bepaal Seramene se gemiddelde polsslag voordat hy met die oefenprogram begin het.
Toon jou berekeninge.
Die volgende grafieke stel Seremane se polsslag voor voordat hy met ‘n oefenprogram vir die atletiekseisoen begin het en drie maande later, tydens sy oefenprogram.
Bepaal Seramene se gemiddelde polsslag drie maande later, tydens sy oefenprogram.
Toon jou berekeninge.
Verduidelik hoe die drie maande se oefening die patroon van Seramane se polsslag verander het.
Wat dink jy het die verandering in die patroon van sy polsslag meegebring?
Die hartspier het sterker geword en kan meer bloed per hartklop na die spierweefsel toe pomp.