Hoofstuk 9 Flashcards

1
Q

Hoe maak Barries die rottegif fyn?

A

Hy maak dit fyn met twee lepels en ‘n mes.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Hoe smaak dit as Barries versigtig daaraan proe? Hoeveel moet hy daarvan gebruik?

A

Die gif is smaakloos. Butcher het gesê hy moet net ‘n mespunt gebruik, want hy wil nie vir moord aangekla
word nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Waarin wil hy dit eers gooi? Hoekom kan hierdie opsie problematies wees?

A

Hy wil dit eers in die speserye gooi. Dis nie ‘n goeie idee nie, want as Paul dit in kos gooi, kan hy of miskien
ander mense ook daarvan inkry.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Uiteindelik gooi hy dit in die Richelieu brandewynbottel. Hoekom kies hy juis hierdie opsie?

A

Hy weet waar sy pa sy brandewyn in sy matras wegsteek, soos vroeër. Sy pa is al vir 2 jaar skoon, maar hy hou ‘n bottel brandewyn aan vir ingeval. Barries weet dat Paul heel moontlik weer sal begin drink as hy
daarheen gedryf word. Miskien ook as die lus te groot word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Barries se ontrekkingsimptome raak erger. Wat eis hy van sy pa?

A

Sy pa moet vir hom dagga gee.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Wat is Paul se ooreenkoms met sy seun?

A

Hulle kan skaak speel, die beste uit drie. As Barries wen, sal hy vir hom dagga gee.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Waarom aanvaar Barries die ooreenkoms met bravade?

A

Barries was sy skool se senior skaakkampioen

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Beskryf kortliks hoe die spel / weddenskap / ooreenkoms verloop het.

A

Uit 5 potte kon Barries slegs 2 wen. Dan wil Barries nog 2 potte speel. Weer verloor hy. Hy gooi die tafel om
en gaan lê desperaat op sy bed met ‘n kussing oor sy kop.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Toe sy pa Saterdag buite hout kap, gee dit Barries tyd om in sy pa se kamer rond te krap. Wat vind hy alles wat op homself van toepassing is?

A

Daar is ‘n babafoto van hom teen die muur. In die bedkassie kry hy ‘n skoendoos. Daarin is sy blou
teddiebeer, Bollie. Daar is ook ‘n stapel kaartjies wat Barries vir sy pa geteken het oor die jare.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Wat besef hy toe hy die goed in die skoendoos kry en hoe laat dit hom voel?

A

Paul het al die kaartjies wat hy vir hom gestuur het, gekry. Tog wou hy nie daarop antwoord nie. Barries is
ontsteld hieroor.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Watter ander interpretasie kan daar gegee word dat Paul die kaartjies gehou het?

A

Paul kon die kaartjies gehou het omdat dit spesiaal was. Miskien kon hy nie antwoord nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Waarvoor soek Barries nou en waar? Waarom? (raadpleeg hoofstuk 4)

A

Hy soek vir die brandewynbottel wat sy pa altyd in ‘n gat aan die voetenend van die matras weggesteek het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Wat dui dit as die bottel versël is? Verwys in jou antwoord ook na hoofstuk 8.

A

Die pa het 2 jaar gelede opgehou drink. Die bottel is nog verseel, dus drink hy nie daaruit nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Waarom steek die pa die bottel daar weg, dink jy?

A

Moontlik hou Paul die bottel vir ingeval. Miskien vir as hy lus voel daarvoor; miskien as ‘n toets of miskien as
hy nie meer sy gesonde verstand kan behou nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Toe Barries sy pa hoor roep, gaan hy voort met sy oorspronklike plan. Beskryf kortliks.

A

Barries gooi die rottegifpoeier in die bottel en draai die prop weer styf toe.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly