Hoofstuk 17 Flashcards
Waarmee speel Jona? Wat kom Barries agter wat sy pa betref?
Bespreek kortliks.
Jona speel met Bollie, Barries se blou teddiebeer. In die sitkamer sien Barries al die kaartjies wat hy destyds
as kind vir Paul gemaak het, teen die muur en op die koffietafel. Hy kom agter dat Paul al die kaartjies gehou
het.
Wat is jou indrukke van Fillie Booysen tot dusver? Verskaf die vernaamste feite oor hom.
Hy is verwaarloos en arm. Sy familie is plakkers op Paul se grond. Dit kom voor dat hy ‘n redelike eerlike
ouerhuis het. Sy pa eis dat hy Barries se klere moet terugbring. Hy het ‘n sin vir humor en terg Barries oor
Olga. Volgens Fillie het die hele omgewing jare gelede aan sy familie behoort. Fillie gaan nie skool toe nie.
Stadig maar seker maak Fillie vriende met Barries.
Waarom wil Paul vir Fillie en sy familie van sy grond af verwilder?Dink jy Fillie kan skuldig wees?
Paul sê dat daar weer van sy geld gesteel is. Soos die vorige keer was Fillie in die rondte. Hy het moontlik die
geld en beursie gesteel.
Hoe probeer Paul om weer sy lewe in orde te kry nadat Barries weer al die ou seerplekke oopgekraphet?Bespreek.
Paul is die Sondag netjies aangetrek en hy was kerk toe. Hy het ook weer sy ondersteunings- groep teen
verslawing opgesoek. Hy sê dat dit tyd is om homself reg te ruk. Paul erken dat hy Barries se kaartjies gehou
het omdat hulle vir hom iets beteken het. Hy wil nou probeer om daardie kaartjies almal te beantwoord. Dit
is Paul se erkenning/berou oor die verlede.
Olga kom haal vir Barries om vuurtoring toe te stap. By die strand verlei sy vir Barries. Verduidelik. Dink jysy doen dit doelbewus?
By die strand vra Olga vir Barries om haar te help om haar stywe jeans uit te trek en haar bikinibostuk los te
maak. Sy sê hy het mooi lippe en soen hom intiem. Sy doen dit met opset, want sy weet hy is aangetrokke
tot haar.
Met hulle terugkeer is Stef al dronk langs die braaivleisvuur. In watter bui is hy toe Barries en Olga arriveer?Wat vra hy vir hulle?
Stef is dronk en in ‘n slegte bui. Stef is duidelik jaloers en wil weet waar Barries en Olga die hele dag was. Hy
vra of hulle gevry het.
Hoe probeer hy Barries tempteer en uitlok? Wat is Paul se reaksie?
Stef merk moedswillig op dat om doodgery te word, iets verskriklik is. Paul weet waarheen dit gaan en hy
probeer Stef stilmaak.
Barries gaan na Paul se werkskamer en weer volg Olga hom en verlei hom vir ‘n tweede keer. Wat kan haar motief wees? Bespreek.
In Paul se werkkamer haal Barries haal die plastiek van die beeld af waaraan hy werk. Olga kom in en sit haar
arms om sy lyf. Sy se die beeld wat hy van haar maak se borste is te klein. Sy neem Barries se hande en sit dit
op haar borste. Die redes vir haar gedrag is nog onduidelik. Sy wil Barries dalk gebruik om Stef jaloers te
maak. Miskien wil sy ‘n jonger man hê wat sy kan manipuleer. Sy gebruik wel haar seksualiteit en lok Barries uit.
Baie later stap Barriesuit die werkkamerwaar hy aan Olga se beeld gewerk het. Die huis is stil. Waar is almal?Watter kans waag Barriesen hoe waarsku Olga hom?
Paul is nie in sy kamer nie. Stef het homself bewusteloos gedrink buite langs die vuur. Die gastekamer se
deur is oop en Olga lê kaal op die bed. Barries klim agter haar rug in. Sy waarsku hom dat hy met vuur speel.
Hoe kom Paul agter Barries was in Olga se kamer? Watter waarskuwing gee Paul weer eens aan Barries?
Toe die plankvloer kraak, spring Barries op en in die gang hardloop hy hom teen Paul vas. Paul wil weet wat
Barries in Olga se kamer soek. Paul waarsku Barries dat hy vir groter moeilikheid soek as wat hy kan hanteer.