Hoofstuk 8 Flashcards

1
Q

Stef dra die kitaartas oor sy skouers en saam dra hulle die swaar trommel. Stef wil die kitaartas net daar los. Wat is Barries se reaksie en waarom?

A

Hy is geskok en weier. Barries sê dat sy ma $3700 vir die kitaar betaal het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Haal Stef se antwoord aan. Hoekom dink jy het die Barries se ouers skuldgevoelens?

A

Jou pa en ma betaal hulle gatte af aan skuldgevoelens. Eerstens probeer Paul oor sy skuldgevoel kom omdat hy Barries as kind geslaan het. Tweedens probeer sy ma ook te vergoed vir wat Barries deurgemaak het .

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Hoe weet jy Barries sukkel om by te hou? Wat dink jy veroorsaak dat hy so swaar kry om deur te hou?

A

Hy sweet baie en is onfiks a.g.v. al sy dwelmgebruik.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Gee ‘n kort beskrywing van Paul.

A

Paul het donkerblonde hare, donkerbruin oe en ‘n growwe gesig. Daar is letsels aan sy oogbanke. Hy het
tatoeëermerke aan sy gespierde bo-arms. Hy het in die 12 jaar sedert Barries hom laas gesien het, baie
verouder. Die son en wind het sy vel verniel. Hy is kaalvoet en dra ‘n kniebroek en ‘n moulose T-hemp.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Wat weier Barries om Paul te noem? Hoe vermy Paul konflik hieroor?

A

Hy wil hom nie Pa noem nie. Paul stel voor dat Barries hom dan op sy naam moet noem.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Hoe lyk die huis van binne? Waar skiet die huis te kort?

A

Die huis is koel, met ruim vertrekke sonder plafonne. Daar is houtvloere en meubels van rottang en hout.
Daar is nie ‘n binnetoilet nie. Daar is geen elektrisiteit nie, want die kragopwekker se diesel is op.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Hoe voel Barries op die huidige oomblik?

A

Hy gooi op en het diarree weens voedselvergiftiging . Hy is so swak dat Paul hom bed toe moet dra.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Barries versoek Paul om hom huis toe te neem; hy wil sers. Schreuder bel; hy vra dat sy pa die selfoon laai. Wat is Paulus se antwoord op elke van hierdie versoek?

A

Die voertuie is almal stukkend; sy pa se selfoon is pap en Stef het nie ‘n sein nie. Daar is ook nie krag om die
selfoon te laai nie, want die diesel vir die kragopwekker is op.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Is alles hiervan per toeval of dit met opset so gereël? Indien wel, waarom, dink jy?

A

Nee, dis nie toevallig nie, dis met opset. Barrie moet op Seeplaas detoks en skoon bly. Sy pa wil nie hê hy
moet opgee en teruggaan Johannesburg toe nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Wat was die oorsaak van Barries se voedselvergiftiging?

A

Hy het ‘n slegte vleispastei op Humansdorp geëet.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Barries raak so swak. Wat doen Paul om te help?

A

Paul gee hom medisyne om te drink, sowel as Game. Hy maak vir hom hoendersop. Omdat Barries so swak
is, dra hy hom bed toe

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Watter van Paul se kunswerke staan ​​vir Barries uit?

A

‘n Skildery van Olga wat kaal bolyf op die rotse sit en na die see staar, trek Barries se aandag.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Wat insinueer Barries wat Paul se verhouding met Olga betref?

A

Hy insinueer dat daar iets onbehoorliks daaraan is dat Paul vir Olga half kaal geskilder het. Sy kon sy dogter
gewees het. Hy behoort hom te skaam.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Hoe weet ons dat Paul sy humeur in toom probeer hou met Barries?

A

Spiertjies om sy oog trek saam. Daar is flitse in sy oë. Sy kake trek saam.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Hoe lank het Paul ophou drink? Hoe weet ons dit was vir hom moeilik? Hoe dink jy voel hy teenoor Barries se stryd met verslawing?

A

Hy drink al die afgelope 2 jaar nie. Hy merk die dae op ‘n kalender af. As daar iemand is wat weet waardeur
Barries gaan wat verslawing betref, is dit Paul.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Waar het Paul altyd sy bottel drank in die verlede weggesteek? Doen hy dit nog steeds?

A

Hy het sy drank in n gat in die matras gebêre. Ja, hy doen dit nog steeds.

17
Q

Hoe word daar met krag op Seeplaas gewerk? Beskryf kortliks.

A

Paul laat loop die kragopwekker ‘n paar uur per dag sodat die batterye vir die aand gelaai word. Die yskas
werk met paraffien en die geiser met gas.

18
Q

Barries wil weet waaroom daar nie van Eskom, wind en sonkrag gebruik gemaak word nie. Wat is Paul se antwoord hierop?

A

Dis te duur, want die plaas is afgeleë. Paul is gelukkig soos hy is.

19
Q

Wat is die werklike rede vir Barries se geirriteerdheid?

A

Hy is lus vir dagga rook en het onttrekkingsimptome.

20
Q

Waarom het Paul vir Vera en Barries verlaat?

A

Daar was o.a. ‘n interdik teen hom omdat hy Barries geslaan het.

21
Q

Hoe probeer Barries Paul tart/uitdaag om hom te slaan? Waarom doen hy dit?

A

Hy tik met sy vuis teen Paul se skouer. Hy tart hom ook met opmerkings. Hy wil hê Paul moet hom slaan,
want dan kan hy terug Johannesburg toe gaan.

22
Q

Wat belowe Paul vir Barries toe hy eis dat Paul hom moet antwoord?

A

Hy sal Barries alles vertel sodra hulle altwee gereed is daarvoor.