Hoofstuk 23: Flashcards

1
Q

Hoe beskryf Olga Barries se woonstel? Hoe het Barries dit altyd beskryf?

A

Sy beskryf die woonstel as ‘n grand plek. Barries het dit as ‘n klein duiwehok beskou.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Olga vertel in die loop van die hoofstuk ‘n helepaar leuens. Noem 3 leuens en ook watdiewerklikheid is.

A

Paul het haar Barries se selnommer en adres gegee. Dis onwaar: sy het dit iewers in die hande gekry. Sy het
Barries nie gebel nie, want sy het haar selfoon weggegooi. Dis ook onwaar, want sy het Paul se pistool
gesteel en die polisie soek haar daarvoor. Daarom kon sy nie haar ou selfoon gebruik het nie. Sy vertel dat
Butcher haar net met ‘ n paspoort en ‘n selfoon gehelp het. Dis onwaar, want daar is ook hard stuff
(dwelms en spuitnaalde) in haar rugsak.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Gee ‘n kort karakterbeskrywing van Olgasoos ons haar in die hoofstuk werklik leer ken.

A

Olga is ‘n los meisie wat haar seksualiteit gebruik om te kry wat sy wil hê, ook om vir haar dwelmmisbruik te
betaal. Sy het geen gewete nie, want sy steel Paul, wat haar vriend was, se geld en pistool. Sy het Stef
gebruik totdat hy nie meer ‘n doel gedien het nie. Sy probeer nou dieselfde strategie met Barries.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Watter woorde van Paul laat ons dink dat Olga gevaarlik kan wees? Hoekom is hy hieroor bekommerd?

A

Barries moet Olga kalm hou en die polisie bel. Sy het Paul se pistool by haar. Paul is bang dat as Olga bedreig
word, sy die pistool kan gebruik.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Wat vind Barries ook in Olga se rugsak? (6)

A

In haar rugsak is:

  • Paul se beursie
  • Sy pistool en ‘n dooie selfoon
  • Daar is ook spuitnaalde
  • ‘n paplepel
  • ‘n rubberband
  • ‘n pakkie donkerbruin poeier.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Verskaf‘n verdere moontlike bewys dat Olga swak morele standaarde het.

A

Sy het heel moontlik aan Butcher seksuele gunsies gebied om ‘n vervalste paspoort, ‘n selfoon en heelwat
dwelms uit hom te kry, want dit sou duur wees.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Hoe besef ons dat daar karakterontwikkeling by Barries plaasgevind het? Hoe sou hy ‘n paarweke gelede opgetree het?

A

Olga nooi hom om by haar in die bad te klim, maar hy weier. Hy begeer Olga, maar hy het verander. In die
verlede sou net sy eie bevrediging getel het. Nou besef hy sy verantwoordelikheid teenoor sy ma.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Verduidelik kortliks wat die gevolge van die beserings is wat Barries se ma opgedoen het en hoekom sy nooit weer dieselfde sal wees nie.

A

Vera se neksenuwees en rugmurg is beskadig. Weens die skade aan die nekaar het sy te min suurstof vir die
gekry. As gevolg hiervan is sy spasties en sal sy nooit weer dieselfde wees nie. Sy sal fisiek versorg moet word
en gereeld fisioterapie moet ontvang.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Barries aanvaar verantwoordelikheid vir sy ma. Motiveerdie stelling.

A

Hy sal na Vera kyk, want hy is al wat sy nog het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Watter voorstel maak Dr. du Toit? Wat is die realiteit wat Barries in ag moet neem?

A

Dr Du Toit stel voor dat sy in ‘n inrigting opgeneem moet word. Barries is nog jonk en moet nog studeer. Dit
is nie prakties moontlik dat hy sy ma kan versorg nie. Hy moet by sy pa gaan bly.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Watter probleem het Barries en waarom kan hy nie die dokter se raad volg nie?

A

Barries is die enigste persoon wat sy ma herken en wat sy oor het. Hy sê dat sy pa dood is. Die ma het dit
verstaan en sy lyk soos ‘n getroue hond wat ‘n klap gekry het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Barries vat ‘n kans en beskuldig Olga van twee dinge. Waarvan beskuldig hy haar?

A

Hy beskuldig haar dat sy alreeds by Butcher was. Hy weet dat sy Paul se pistool gesteel het. Sy weet nou dat
Paul met Barries in kontak was

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Hoe probeer Olga die moeilike vrae sy stap? Sy ken net een manier. Wat doen syas sy in ‘n moeilike situasieis?

A

Sy gebruik haar seksualiteit om die rigting van die gesprek te verander. Sy vra of sy daardie aand in Barries
se arms kan slaap.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Daar is ‘n verandering in Barries se optrede. Watter twee dinge eis hy van Olga wat hy nie in die verlede sou gedoen het nie?

A

Hy sê dat sy die aand daar kan slaap, maar die volgende dag moet sy vertrek. Barries eis ook dat sy eers die
gevaarlike dwelms in die toilet moet afspoel. Sy weier.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Weer eens doen Olga wat sy altyd doen. Watter voorstel maak sy aan Barries? Hoe onderhandel sy om haar sin te kry?

A

Sy sê hy moet haar vat soos sy is, net vir daardie aand, dan sal sy padgee. Sy soen hom met passie en hy
besef dat sy baie ervaring het. Sy trek hom na sy ma se slaapkamer, waar net twee rooi kersies brand.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Wat gooi Olga in die asblik? Waar het sy dit gekry? Hoekom het sy dit gedoen?

A

Olga het ‘n ander selfoon by Butcher gekry. Sy gooi dit in die asblik, want die selfoon werk nie. Butcher het
haar daarmee verneuk.

17
Q

Wat moes Barries erken? Hoekom dink jy maak dit saak aan‘n tienerseun?

A

Hy het nog nooit seks gehad nie. Hy is bang die meisies sal minder van hom dink, maar hy erken dit aan Olga.

18
Q

Watter gevaarlike praktyk, behalwe dwelms, beoefen Olga? Hoe kan dit potensiaal gevaarlik vir haar, sowel as vir enigiemand anders wees, omdat sy ‘n dwelmgebruiker is?

A

Olga beoefen onbeskermde seks. As sy dwelms gebruik, kan sy seksueel oordraagbare siektes hê.
Dwelmgebruikers ruil soms naalde uit. Hulle toon dikwels riskante gedrag.

19
Q

Aanwatter 2 dinge wil Barries nie deelneem nie? Dit bewys weer eens dat hy besig is om volwasse te word.

A

Hy weier om deel te neem aan die gevaarlike dwelmmisbruik. Toe sy bewusteloos raak van die
dwelminspuiting wil hy haar nie misbruik nie.

20
Q

Hoekom is sy skielik nie meer so aantreklik vir Barries nie?

A

Sy is bewegingloos, sy snork en haar asem ruik sleg.

21
Q

Watter onaangename verrassing wag op Barries toe hy later daardie aand wakker word? Weer eens weerspieël dit iets van Olga se karakter.

A

Olga het padgegee met sy ma se juwele en sy geld. Olga het geen gewete en geen morele waardes nie. Sy
leef net vir die oomblik en om te oorleef. Sy steel selfs van haar vriende en gebruik enigiemand as dit haar
pas. Sy dink hoegenaamd nie aan die gevolge van riskante seksuele gedrag nie.

22
Q

Waarom is die boodskap wat sy met lipstiffie op die spieël geskryf het, ironies?

A

Dis ironies, want sy bedank hom vir ‘n lekker tyd en sy sê hy was die beste wat sy ooit gehad het. Hulle het
nie eers seks gehad nie.

23
Q

Wat doen Barries nou wat potensieël gevaarlik vir hom kan wees?

A

Barries neem sy pa se pistool en soek Butcher op.

24
Q

Waarom is Butcher woedend asook haatdraend teenoor Barries? Waarvoor neem hy Barries kwalik?

A

Hy dink dat Barries hom by die polisie verkla het. Hulle hou hom nou dop en sy dwelmbesigheid ly
daaronder.

25
Q

Watter ontstellende nuus verneem Barries van Butcher en waarmee dreig Butcher hom?

A

Butcher weet alles van die aanval op Vera. Dis was payback time vir wat Barries aan hom gedoen het.
Daarom het Butcher wraak geneem op Vera om vir Barries terug te kry. Barries het geen bewyse nie. As die
polisie hom ondervra, vertel Butcher hulle dat Barries rottegif gekoop het om sy pa mee te vergiftig.

26
Q

Hoe reageer Barries hierop?

A

Hy spring op Butcher en stamp die pistool in sy mond dat sy tand kraak en bloed tussen sy lippe uitbars.
Barries wil weet of Butcher dit self gedoen het of hy iemand gehuur het.