Hoofstuk 22 Flashcards
Waarom, dink jy, na alles wat Barries deurgemaak het, probeer hy nogtans weer daggakoop?
Dit is gewoonte, ‘n smagting na dagga wat nooit sal oorgaan nie. Dit is ‘n soort kruk waarop jy leun.
Verduidelik hoekom hy dopgehou is en wie ‘n aandeel daaraan gehad het. Wat sou die gevolge gewees het indien hy dagga gekoop het?
Paul het die polisie gevra om ‘n ogie oor Barries te hou. As dagga in sy besit gevind is, sou die polisie Barries
opgesluit het.
Hoe lank bly die rook van dagga in jou urine wys?
Dagga wys tot 20 dae nadat jy dit gebruik het, in jou urine.
Wie ontmoet Barries by die Johannesburg stasie en waarheen neem sy hom heel eerste?
Sers. Nico Schreuder ontmoet hom en sy neem hom na die hospitaal waar sy ma lê.
Wie wil Barries gaan ontmoet en waarom? Wat dui dit van sy karakter ontwikkeling aan?
Barries vra dat hy ook die verkeerskonstabel wat dood is, se vrou wil sien. Hy wil haar gaan sê hoe jammer
hy is. Sy lewe is dus nou nie meer so selfgesentreerd nie.
Wat lig Nico hom oor sy ma se toestand in?
Dit gaan nie goed met sy ma nie. Barries sal skrik as hy haar sien.
Verduidelik wat moontlik die aand van die rooftog gebeur het.
Vera is aangeval en haar handsak en selfoon is gesteel. Dit was dus moontlik ‘n rooftog. Sy is met ‘n mes deur
haar nekwerwels en aar gesteek.
Beskryf sy ma se voorkoms toe Barries haar by die hospitaal besoek. Kan sy kommunikeer?
Sy lyk soos ‘n maer, uitgehongerde en bang kind. Sy kan nie kommunikeer nie, want haar geluide is nie
verstaanbaar nie.
Wat lig die verpleegster Barries in oor sy ma se toestand?
Sy ma kan nie praat nie. Sy is spasties weens die nekbesering, maar sy hoor en verstaan besoekers.
Barries is berouvol en vra sy ma om hom te vergewe. Waarvoor? Bespreek.
Hy vra haar om hom te vergewe vir die moeilikheid en probleme wat hy vir haar veroorsaak het.
Wat besef hy? Wat is die realiteit van die situasie?
Sy ma is ‘n goeie vrou. Sy is aangeval en sal nooit van haar beserings herstel nie.
Wat sê Barries vir die ma en hoe reageer sy?Wat bewys dit van haar begrip?
Hy sê hulle moes hom lankal vertel het. Hy bedoel die feite oor sy geboorte en kinderjare. Sy reageer hewig
en probeer praat, maar is nie verstaanbaar nie. Tog begryp sy presies wat hy bedoel.
Waarom ontstel sy papegaai, Nelson,hom?
Nelson praat met sy ma se stem. Hy seal die dinge waarvoor Vera haar seun in die verlede betig het, oor die
klere wat op die grond lê, die toiletpapier op die vloer en die rookreuk.
Toe hy teen skemer met sy ma se Mercedes wil ry, tref die volle realiteit vir Barries. Verduidelik.
Barries sien die bloedkol langs die motor waar sy ma gelê het.
Watter ontvangs kry Barries by Lizette se huis?
Lizette se ma wil hom nie inlaat nie en sê dat haar dogter by Theo is.