Hoofstuk 1 Flashcards
Waarom haat Barries sy pa so?
Sy pa het hom met ‘n belt stukkend geslaan toe hy klein was. Die ma het ‘n interdik teen die pa gekry.
Watter tipe pa was Barries se pa?
Hy was ‘n afwesige pa. Hy het nooit in al die jare kontak met Barries gehad nie. Hy was ‘n aggressiewe man met ‘n kort humeur. Vera moes ‘n interdik teen die pa kry. Tog het sy hom jammer gekry, sodat sy hom nie elke keer wat hy Barries geslaan het, by die polisie verkla het nie.
Tannie Vera (Barries se ma) kom onverwags in die kamer. Waarom is sy ongelukkig?
Vera kla oor die rook in die kamer. Sy kla ook oor die vuil klere wat oral rondlê. Sy wil nie hê Barries moet klub toe gaan nie.
Vera wil nie haar Mercedes vir Barries gee nie. Hoe stel Theo haar gerus?
Theo sê hy het ‘n kar en ‘n lisensie. Hy sal bestuur.
Waarom is Barries se gedrag toe hy en Lizette alleen is, onvanpas? Waarom kan sy gedrag as impuslief beskou word?
Hy wil Lizette verlei om onbeskermde seks te hê . Dis impulsiewe gedrag, want hy dink nie aan die moontlike gevolge nie.
Waarom weier Lizette sy toenadering? Hoe sal jy haar gedrag beoordeel?
Lizette is ‘n bietjie meer verantwoordelik en weier seks omdat Barries nie ‘n kondoom het nie.
Waarom lyk dit of Barries se ma partykeer wil huil?
Sy ma wil huil omdat sy bekommerd is oor Barries se dwelmmisbruik. Sy kan niks aan die situasie doen nie.
Watter tekens van dwelmgebruik toon Barries?
Barries kan nie meer langafstand hardloop nie, want hy is onfiks en kortasem. Hy het glo asmasimptome en krampe in sy bene.
Aan watter sportsoorte en aktiwiteite het Barries voorheen deelgeneem?
Hy het uitgeblink in langafstande in atletiek, sowel as krieket en skaak.
Hoe weet ons dat hy goeie sportman was en ook op ander gebiede uitgeblink het?
Hy het verskeie Man of the Match toekennings vir krieket ontvang, asook medaljes vir atletiek (landloop en padwedlope). Hy het ook bekers vir skaak ontvang.
Hoe weet ons dat hy nie meer aan sport deelneem nie? Wat is die rides hiervoor?
Hy is uitgeskop uit die eerste krieketspan, waarskynlik a.g.v. onfiksheid.
Wat is ń duidelike teken dat Barries nie meer op skool presteer nie?
Sy rapporte is swak.
Watter Verskonings gebruik hy vir sy dwelmsgebruik? Watter verskoning is ń leuen?
AlmaI gebruik dit om happy te voel. Die gebruik van dagga is nou wettig. Daar is niks fout daarmee as ‘n mens dit reg gebruik nie. Hy lieg as hy sê hy kry asma.
Wat het die ma gedoen toe sy pa vir Barries geslaan het?
Sy het ‘n interdik teen die pa gekry. Tog het sy die pa nie elke keer verkla nie, want sy het hom jammer gekry.
Gee voorbeelde om aan te toon dat Barries se ma finansieel goed daaraan toe is.
Sy het vir Barries ‘n duur Gibson-kitaar gekoop. Hy dra goeie klere met handelsname. Die ma ry ‘n Mercedes. Sy gee hom ‘n paar honderd random te spandeer op pizzas op sy verjaardag.