Hoofstuk 15 Flashcards
Stef en Olga het ‘n onderonsie gehad, Olga kom deur Paul se huis aan. Watter opdrag gee Paul vir Barries?
Barries moet vir Olga koffie maak en Paul sal na Stef toe gaan.
Olga het ander idees as koffie drink. Verduidelik wat sy eerder wil hê.
Sy wil eerder in Barries se arm lê.
Barries vra haar of Stef haar gereelde slaan. Wat is Olga se antwoord?
Sy vermy die vraag en antwoord net dat Stef altyd spyt is daarna.
As jy die artikel hierbo oor mishandeling lees, hoe sal jy hulle verhouding beskryf?
Stef wil haar beheer. Hy vertrou haar nie en is baie besitlik. Dit het nou uitgebrei tot fisieke mishandeling.
Wat is Olga se antwoord toe Barries haar vra wat sy met so ‘n ou man maak?
Hulle het in die Donkin Psigiatriese hospitaal ontmoet en het van mekaar afhanklik geraak.
Watter soort hospitaal is die Donkin? Watter toestande word ook daar behandel?
Die psigiatriese hospitaal behandel geestessiektes. Rehabilitasie van dwelms en ander soorte verslawing
word ook daar gedoen.
Watter tipe probleem dink jy het Stef en Olga gehad dat hulle na so ‘n inrigting moes gaan?
Stef was waarskynlik verslaaf aan drank en Olga aan dwelms.
Dink jy Olga is ‘n slagoffer van die veel ouer Stef? Motiveer jou antwoord.
Hy het ‘n houvas op Olga deur haar afhanklik van hom te hou vir verblyf en kos. Of Olga ‘n slagoffer is, is ‘n
ander vraag. Sy vertel Stef dat Barries haar kaal gesien het, moontlik om hom jaloers te maak. Sy soek na
moeilikheid, want sy lê openlik by Barries aan.
Watter bedekte beskuldiging maak Paul teenoor Barries?
Paul vra of Barries haar kaal gesien het. Die implikasie is dat hy en Olga intiem is.
Barries vererg hom en gaan stap met Jona. Verskaf ‘n bewys dat Jona ‘n opgeleide hond is.
Toe Barries te na aan die rotse of doringbosse loop, druk Jona hom weg van die gevaar af.
Daardie aand word Jona baie siek. Verduidelik wat fout is.
Daar is ‘n bloederige braaksel op die vloer en bloed om Jona se bek.
Wat veroorsaak dat Barries sy duur Gibson kitaar stukkend slaan?
Hy is gefrustreerd omdat Jona veearts toe moet gaan, maar Paul is dronk. Barries kry hom nie wakker nie.