Hoofstuk 24: Flashcards
Waarom het Butchervir Vera aangeval of laat aanval? Wat noem Butcherdit?
Dit was payback time, wraak op Barries, omdat Butcher gedink het Barries het hom by die polisie verkla. Hy
wou Barries ‘n les leer.
Hoe wil Barries op Butcher wraak neem?
Hy wil vir Butcher ook deur die nekwerwels skiet, sodat hy net soos sy ma verlam sal wees.
Wat verhoed/keer Barries om voort te gaan met die daad?
Toe die veiligheidsknip van die pistool afklik, kom Barries tot sy sinne. Butcher se oë lyk net soos Jona s’n toe
die hond die aand aan die bloei gegaan het.
Watter beledigings snou Butcher Barries toe wat ongelukkig waar is?
Barries is rubbish en ‘n useless junkie.
Watter werklikheid/realiteit dring tot Barries deur en maak hom vir die eerste keer bewus van die enorme gevolge van sy dade?
Sy ma lyk glad nie soos voorheen nie en sal nooit kan herstel nie. Hy besef dat sy dwelmgewoontes die
oorsaak hiervan was.
Wie ontmoet hy langs sy ma se hospitaalbed?
Suster Kapoor, die oorlede verkeersman se vrou, praat met Barries.
Het hy woorde om sy gevoel van berou uit te druk? Wat maak dit vir hom nog swaarder?
Hy sukkel om vir haar te vertel hoe jammer hy is. Dis veral vir hom moeilik omdat sy swanger is.
Wat is die persoon se lewensbeskouing ten opsigte van Barries en sy vriende?
Sy vra God elke dag om haar te help om hulle te vergewe. Barries moet homself ook nou vergewe.
Watter advies geevsy hom sodat hy vergifnis kan ontvang?
Barries moet goed vir sy ma sorg en haar wys hoe lief hy haar het.
Hoekom skree Barries op die nagwag by sy woonstel? Verduidelik sy optrede na aanleiding van die gebeure van die afgelope week.
Die nagwag slaap en Barries neem hom kwalik dat sy ma aangeval is omdat die nagwag nie sy werk behoorlik
gedoen het nie.
Wat gebeur in die woonstel wat hom laat besef dat niemand omgee nie?
Barries ontlaai die pistool, maar vergeet van die koeël in die loop. ‘n Skoot gaan af en hy skiet sy visbak
stukkend . Niemand in die woonstelblok kom egter navraag doen oor die skoot nie. Hy besef niemand gee
meer vir hom om nie.
Wie bel hy in sy nood? Wat deel hy hierdie persoon mee en wat is haar reaksie?
Barries bel sers. Nico, maar sy is in Witbank by haar kêrel. Toe hy sê dat hy weet wie sy ma aangerand het, sê
sy dat sy op pad is. Daar was nie ‘n getuie by toe Butcher die misdaad teenoor Barries erken het nie, so dit
beteken nie veel nie.
Wat kan dalk as ‘n bewysstuk teen Butcher dien?
Barries onthou van die selfoon wat Olga by Butcher gekoop het. Sy het dit in sy ma se snippermandjie
weggegooi omdat dit nie gewerk het nie. Hy besef dat dit sy ma se selfoon is, in die omhulsel met die
roosmotief. Dit kan dalk nog Butcher se vingerafdrukke op hê.
Wie klop aan die deur? Verskaf twee redes waarom hy daar is.
Paul klop aan die deur, moeg en ongeskeer. Hy het onmiddellik gery toe hy besef dat Olga moontlik op pad
na Barries was. Hy wou nie vir Barries inlig nie, want hy wou nie hê Barries moes haar waarsku nie. Paul
erken dat hy vir Barries gekom het. Hy kon nie Barries aan sy eie genade oorlaat nie.