Hoofstuk 4 Flashcards

1
Q

Barries argumenteer met sy ma oor die feit dat hy nie na sy pa wil gaan nie. Hy glo nie dat die polisie hulle dreigement sal deurvoer nie. Plaas sy argument in perspektief.

A

Hy glo nie dat die polisie hom sal opsluit nie, aangesien hy minderjarig is. Sy ma sê dat daar selle vir minderjariges is. Dit sal nie ‘n piekniek sal wees om saam met hulle opgesluit te word nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Waarom sal Oom Charles, Floris en Theo se pa, nie help nie? Hy verbied sy seuns om kontak met Barries te maak. Noem 5 beskuldigings wat hy tiener Barries gaan rig.

A
  • Oom Charles is aan sy seuns se kant en probeer die skuld op Barries pak.
  • Hy beweer dat Barries die dwelms verskaf het.
  • Barries was ‘n slegte invloed op sy seuns.
  • Barries is ‘n junkie.
  • Hy kom uit ‘n verkeerde soort huis, sonder ‘n pa. Sy pa het hom as kind mishandel.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Watter ooreenkoms het Vera se prokureur en die Kinderwelsyn met Oom Charles en die s Kinderhof gemaak?

A

Barries rnoet weggaan. Hy moet vir ten minste 6 weke rehabilitasie na sy pa gaan.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Watter irrasionele gedrag openbaar Barries teenoor sy ma, wat dit duidelik maak dat sy hom nie kan beheer nie? Noem 3 voorbeelde.

A

Hy slaan die ketel uit sy ma se hande. Hy vat die Mercedes se sleutel teen sy ma se wense en sy kan hom nie keer nie. Hy praat nie ordentlik met sy ma nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Hoe wil Oom Charles sy seuns, veral Theo, uit die moeilikheid kry? Waarom?

A

Die ander tieners moet teen Barries getuig as daar ‘n hofsaak is. Hulle pak die skuld vir hul dwelmgebruik en die ongeluk op Barries. Orndat Theo bestuur het, is hy in groot moeilikheid. Hy moet sê dat hy niks kan onthou nie a.g.v. die dwelms wat Barries verskaf het. Die De Kock seuns moet ‘n sielkundige gaan sien om te toon dat hulle opreg jammer is.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Hoe dink jy het Oom Charles Barries se ma gedwing om Barries na sy pa te stuur? Hoekom gee die ma en haar prokureur toe aan sy eise?

A

Hulle probeer Barries uit die pad kry. Dus moet hy weggaan rehab toe, sodat hy nie sal kan getuig in ‘n hofsaak nie. As hulle hom uitmaak as ‘n junkie sal die hof hom buitendien nie glo nie. As hy nie wil weggaan nie, sal hy opgesluit word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Hoe weet ons dat Lizette se ouers welgesteld is? Hoe weet Barries dat Lizette se ma neersien anils op hom en sy ma?

A

Lizette se huis is groot (‘n kasteel) met sekuriteitskameras. Haar groot en oorgewig ma laat hom nie binne nie. Sy sê Barries hoort nie in daardie buurt nie en noem hom ‘n woonstelrot .

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Nadat hy weer tuis is, kom hy agter dat sy ma bleek is. Waarom is sy so bleek?

A

Sy het ‘n spanningsmigraine.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Watter voorstel maak hy aan sy ma en probeer hy daarmee sy dwelmgebruik goedpraat?

A

Sy ma moet dagga vir haar migraine gebruik. Sy moet die voordele van daggagebruik Google, want dit het allerhande medisinale gebruike.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Hoe probeer Barries sy ma oorreed om saam met hom na sy pa te gaan?

A

Barries speel op sy ma se gevoel. Hy se dat sy saam met hom na sy pa moet gaan, want hy onthou hoe sy pa hom met die belt stukkend geslaan het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Wat is sy ma se reaksie op sy versoek? Waarom?

A

Die ma weier. Sy sê dat dit tussen Barries en sy pa is om hulle probleme op te los. Sy pa was baie spyt oor sy mishandeling van Barries.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Bare begin om ontrekkingsimptome van dwelms te toon. Verwys na die bespreking van die Simptome van Dagga-onttreking en lys Barries se simptome. Raadpleeg ook Hoofstuk 5 en 6 vir verdere simptome.

A

Die persoon moet ten minste drie van die volgende simptome vertoon (verwys ook na hoofstuk 5 en 6): - senuweeagtigheid woede/aggressie/geïrriteerdheid slaaploosheid/slegte drome rusteloosheid (restlessness) gewigsverlies/verminderde aptyt bewerigheid/depressie/bly dors, mond droog/sweet wat afgewissel word met kouekoors

Barries toon woede, aggressie, rusteloosheid, hy bly dors en sy mond is droog; hy kry koud. Hoofstukke 5 en 6: Hy slaap sleg, het nare drome, is bewerig, kry hoofpyn en het ‘n slegte eetlus.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Indien Barries sy verslawing erken en hulp probeer kry, van watter metodes van behandeling kan hy gebruik maak? Noem 6 metodes (raadpleeg die stuk oor Behandeling van dagga-onttrekking)

A

Behandeling van dagga-onttrekking:

  • Medikasie: anti-depressante.
  • Gebeurlikheidsbestuur, wat beloning gebruik as aansporing om op te hou dagga gebruik.
  • Sosiale ondersteuning: ‘n sterk netwerk van familie en vriende skep ‘n ondersteunende omgewing wat onthouding aanmoedig.
  • Professionele behandeling help, want die detoks- en onttrekkingsgedeelte kan ongemaklik wees.
  • Behandeling as buitepasient, maar hierdie opsie kan minder geskik wees in gevalle van ernstige daggaverslawing, omdat jy tuis moet bly.
  • Behandeling as binnepasient, wanneer jy vir 30-90 dae in ‘n rehabilitasiesentrum opgeneem word.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly