Hoofstuk 6 Flashcards
Barries word wakker nadat hy ‘n nagmerrie oor sy pa gehad het. Wat droom hy? Hoe voel Barries nog steeds?
Hy droom sy pa haal sy belt af om hom te slaan, maar hy is lam en kan nie weghardloop nie. Hy bly dors en het nog steeds ‘n hoofpyn.
Wat pak sy ma alles? Waarom, dink jy? Gee 2 moontlike redes.
Sy pak al sy klere in. Sy pak ook sy besittings soos sy skootrekenaar, sy CD-speler, sy DVD-speler en die PlayStation. Dis asof hy permanent by sy pa gaan bly. Miskien dink sy dit sal hom besig hou by sy pa. Moontlik wil sy alles wat haar aan hom herinner, saamgee.
Watter invloed het Barries se gedrag op sy ma?
Hy veroorsaak vir haar baie stres. Sy eet nie en haar emosies ry wipplank. Sy is nie haarself nie.
Hoe voel hy vir die eerste keer teenoor sy ma? Waarom, dink jy?
Hy is skielik bekommerd oor haar. Sy lyk baie jonk en klein agter die motor se stuurwiel.
Watter inligting kry hy oor sy pa?
Hy vind uit dat sy pa op ‘n plaas by die see bly. Hy is ‘n skilder en doen ook beeldhouwerk. Sy pa kon nooit klaarmaak waarmee hy begin het nie, soos sy ingenieurstudies, wat hy laat vaar het. Die pa het die plaas gekoop met die geld wat hy van sy oupa geërf het. Volgens Vera het die pa bale verander.
Wat sê bogenoemde van sy pa se karakter en persoonlikheid?
Paul Barnard voer ‘n onkonvensionele bestaan as ‘n kunstenaar op ‘n afgeleë plek.
Was sy pa aanvanklik ‘n goeie pa? Motiveer.
Ja. Sy pa het Barries aanvanklik as ‘n baba bottel gegee, sy doeke omgeruil en hom leer loop.
Wat vertel Barries van homself aan sers. Nico Schroeder? Wat is hierdie inligting?
Barries vertel haar van Lizette, van sy krieket en atletiek, van sy Gibson-kitaar en sy eie liedjies wat hy sing. Dit toon dat Barries ‘n goeie sportman was en talentvol is.
Barries dink dat kapt Mfeka ongeskik is. Hoe kan Nico hom? Noem 2 dinge.
Nico sê dat Kapt. Mpheka net ‘n reguit mens is. Hy is opreg.
Watter persoonlike probleme het kapt. Mfeka? As gevolg daarvan kan hy met Barries identifiseer.
Sy seun is tronk toe gestuur as gevolg van die gebruik van dwelms.
Watter ingesteldheid het die kaptein teenoor Barries, volgens Nico?
Hy wil nie hê dat Barries dieselfde paadjie as sy seun moet loop nie. Hy gee hom ‘n tweede kans.
Wat koop Barries om te eet? Watter woord dui aan dat dit nie smaaklik is nie?
Hy koop vir hulle ‘n gallerige warm pastei. Dit smaak sleg.
Gee ‘n kort beskrywing van die persoon wat met die Beach Buggy gekom het om Barries te kom haal. Wie dink Barries is dit?
Die man is reusagtig en bebaard en so bruin soos skoenleer gebrand. Hy dra vuil jeans en ‘n ou Billabong T hemp . Barries dink dis sy pa.