Hoofstuk 18 Flashcards
Wat is ‘n verdere bewys dat Barries verander het teenoor sy ouers en minder self-gesentreerd is?
Barries help Paul om bierblikkies en rommel op te ruim nadat Stef en Olga weg is. Met die konfrontasie
tussen Paul en die Booysens is hy bang Fillie val vir Paul aan met sy mes. Toe hy sy ma nie op die selfoon in die hande kry nie, is hy bekommerd. Hy het ‘n voorgevoel dat iets groots fout is.
Hoe lank is Barries al by sy pa?
Hy is al drie weke van die verpligte ses weke by sy pa.
Paul se houding sê die ergstekom nog. Wat is Barries opmerking in hierdie verband?
Barries vra wat dan so erg kan wees. Hy weet al dat Paul in die tronk was omdat hy iemand doodgeslaan het.
Paul sê dat baie dinge sal verander as hy Barries alles vertel. Hy belowe om dit na Kersfees te doen.
Hoe doen Barries voorspraak vir die Booysens in die hoofstuk?
Paul is van plan om die Booysens van sy grond af weg te jaag. Barries is nie gelukkig hiermee nie en weier om
Paul daarmee te help. Hy sê dit is ‘n dag voor Kersfees en waarnatoe moet hulle gaan? Die Booysens het nie
Paul se goed gesteel nie. Hy vra Paul om ter wille van die kleinste kind die Booysens te laat bly.
Hoe kom Barries tot die besef dat sy vriendskap met Lizette en Theo en Floris finaal verby is?
Lizette en die De Kock broers se selfoonnommers het verander sodat Barries hulle nie kan kontak nie.
Watter slegte nuus i.v.m. Jona word bevestig? Hoe moet Barries dit hanteer?
Hierna bel Barries Dr. Hakinin en sy bevestig dat Jona Von Willebrand se siekte het. Die hond kan normaal lewe, maar Barries moet goed na hom kyk. Hy mag nie beserings opdoen nie en hulle mag nie met hom teel nie. Hy moet baie liefde en aandag kry.
Waarom wil Paul die Booysens van sy plaas af hê?
Vandat die Booysens op die plaas bly, raak daar van Paul se geld weg.
Wat is Karel Booysen se antwoord hierop?Watter toegewing maak Paul toe Barries soebat?
Karel Booysens sê hy is daar gebore en hulle veroorsaak vir niemand probleme nie. Paul stem uiteindelik in
dat hulle tot Nuwejaar kan bly.
Wat kom Paul van Barries se karakter agter?
Paul merk op dat Barries ‘n sagte hart agter sy harde uiterlike het en dat hy maklik bekommerd oor ander
kan raak.