Woordorde Flashcards
Watter woord help ons om die regte woordorde vir Afrikaanse sinne te onthou?
STOMPI
Sv1TOMPv2I
Waarvoor staan die letters in STOMPI?
Onthou waar die werkwoorde inpas…
S = subject v1 = verb T = time O = object M = manner P = place v2 = verb I = infinitive
Skryf die sin oor:
Sy voel soms op ‘n Woensdag ongelukkig.
Soms…
Soms voel sy op ‘n Woensdag ongelukkig.
Vertaal:
I want to save money.
Ek wil geld spaar.
Vertaal:
I can speak Afrikaans.
Ek kan Afrikaans praat.
Skryf die sin oor:
Ben boelie elke dag die ander kinders.
Elke dag…
Elke dag boelie Ben die ander kinders.
Skryf die sin oor:
Ben hardloop skielik teen Henk vas.
Skielik…
Skielik hardloop Ben teen Henk vas.
Skryf die sin oor:
Henk, die groot seun, raas onmiddellik met Ben.
Onmiddellik…
Onmiddellik raas Henk, die groot seun, met Ben.
Skryf die sin oor:
Leeus slaap bedags.
Bedags…
Bedags slaap leeus.
Skryf die sin oor:
Hulle val soms mense aan.
Soms…
Soms val hulle mense aan.
Skryf die sin oor:
Hy ontmoet op ‘n dag ‘n klein mannetjie.
Op ‘n dag…
Op ‘n dag ontmoet hy ‘n klein mannetjie.
Skryf die sin oor:
Die mannetjie vra vriendelik of Midas ‘n wens het.
Vriendelik…
Vriendelik vra die mannetjie of Midas ‘n wens het.
Skryf die sin oor:
Alles begin dadelik in goud verander.
Dadelik…
Dadelik begin alles in goud verander.
Skryf die sin in die lydende vorm:
My pa het die vleis gebraai.
Die vleis is deur my pa gebraai.
Skryf die sin in die lydende vorm:
Amy het die verjaarsdagkoek gesny.
Die verjaarjsdagkoek is deur Amy gesny.
Skryf die sin in die lydende vorm:
Allan het die deeg gemeng.
Die deeg is deur Allan gemeng.
Skryf die sin in die lydende vorm:
My ouma kook die lekkerste kos.
Die lekkerste kos word deur my ouma gekook.
Skryf die sin in die lydende vorm:
Allan het die laaste koekie gevat.
Die laaste koekie is deur Allan gevat.
Skryf die sin oor:
Mamela het elke dag in die bos gespeel.
Elke dag…
Elke dag het Mamela in die bos gespeel.
Skryf die sin oor:
Mamela se ouma dink vinnig aan ‘n slim plan.
Vinnig…
Vinnig dink Mamela se ouma aan ‘n slim plan.
Skryf die sin in die lydende vorm:
Reddingswerkers red Rosita en haar ma.
Rosita en haar ma word deur reddingswerkers gered.
Skryf die sin in die lydende vorm:
Hulle kies Wahied om oorsee te gaan.
Wahied word deur hulle gekies om oorsee te gaan.
Skryf die sin in die bedrywende vorm:
Die trom word deur Wahied gespeel.
Wahied speel die trom.
Skryf die sin in die lydende vorm:
Die leerders bring baie leë blikkies skool toe.
Baie leë blikkies word deur die leerders skool toe gebring.
Skryf die sin in die lydende vorm:
Die leerders samel geld vir die skool in.
Geld word deur die leerders vir die skool ingesamel.