Skryftekens Flashcards
Sit die skryftekens by:
Daniel se jou geld is veilig by my
Daniel sê: “Jou geld is veilig by my.”
Die skryfteken in “hê” is ‘n …
kappie
Die skryfteken in “geëet” is ‘n …
deelteken
Die skryfteken in “gou-gou” is ‘n …
koppelteken
Die skryfteken in “foto’s” is ‘n …
afkappingsteken
Die skryfteken in “óf” is ‘n …
aksentteken
Sit die skryftekens by:
of my ma of my pa sal nou nou fotos neem van die kos wat ons tydens die Kersete geeet het
óf my ma óf my pa sal nou-nou foto’s neem van die kos wat ons tydens die Kersete geëet het.
Vertaal die Engelse woord “ate”
geëet
Vertaal die Engelse woord “rain”
reën
Vertaal die Engelse woord “eyes”
oë
Vertaal die Engelse woord “say”
sê
Vertaal die Engelse woord “have”
hê
Vertaal die Engelse woord “lie (down)”
lê
Voeg die korrekte skryftekens in:
Joernaliste se hulle wil goeie fotos en videos van leeus he.
sê
foto’s
video’s
hê
Maak 3 foute reg:
Mondi hulle sal more musiek maak en dans, want hy het weer ‘n vluit.
Mondi-hulle
môre
fluit
Tussen items in ‘n lys, gebruik mens…
kommas
bv. Ben, Lukas, Johan en Stefan.
As ‘n rigting deel is van die naam van ‘n plek, kry dit altyd ‘n…
koppelteken
bv. Suid-Afrika, Durban-Noord
Maak 2 foute reg:
Ek het ‘n rare voel gesien in Namibie.
voël
Namibië
Vul die korrekte skryfteken in:
Ronny Reg pak alles gou gou reg.
gou-gou
Vul die korrekte skryftekens in:
Die mannetjie se Koning Midas wil jy graag n wens wens
Die mannetjie sê: “Koning Midas, wil jy graag ‘n wens wens?”
Saamgestelde woorde, waar die eerste woord eindig met n vokaal en die tweede woord begin met ‘n vokaal, kry ‘n …
koppelteken
twee-uur
perde-eienaar
Waar woorde herhaal word, gebruik ons ‘n …
koppelteken
gou-gou
sukkel-sukkel
Saamgestelde titels kry ‘n …
koppelteken
luitenant-generaal
oud-president
Saamgestelde woorde wat ‘n “en” in die middel het, kry ‘n …
koppelteken
kaas-en-tamatiebroodjie
haak-en-steek plant
“Marie hulle” or “Marie-hulle”?
Marie-hulle
Tussen twee werkwoorde kom ‘n …
komma
Terwyl hulle tee drink, eet hulle koek.
Na die naam van ‘n persoon wat jy aanspreek, kom ‘n …
komma
Rita, dit is uitstekend!