Diverse Flashcards
Wat is telwoorde?
'n Woordsoort wat betrekking het op getalle. Voorbeelde: een, twee, ... baie, min, verskeie, ... eerste, tweede, honderdste, ... middelste, laaste, ...
Wat is rymwoorde
woorde wat dieselfde klink
bv. trone en bone
klawer en hawer
Sê die maande van die jaar (en let mooi op na die spelling!)
Januarie Februarie Maart April Mei Junie Julie Augustus September Oktober November Desember
Wat is ‘n vergelyking in Engels?
simile
bv. Hierdie rympie is soos ‘n boelie.
Wat is alliterasie?
die herhaling van konsonante vir effek (alliteration)
bv. klink soos klitsgras wat aan jou kouse klou
herhaling van die “k” en “kl” klanke
Kies die regte woord:
Die pretdraf is Thando se (uie/eie/eier) idee.
eie (own) nie uie (onion) nie! nie eier (egg) nie!
Kies die regte woord:
Die kinders is almal (opwindend/opgewonde).
opgewonde (excited) nie opwindend (exciting) nie
Kies die regte woorde:
Aan die begin (brul/bril) Leeu sag, nie (hart/hard) nie.
brul (bril = reading glasses!)
hard (hart = heart!)
Kies die regte woord:
Ek het slegte (nuus/nies) vir jou.
nuus (nies = sneeze!)
Watter woordsoort is “eerste”, “tweede”, ens.
rangtelwoord
Iemand wat houtwerk doen…
skrynwerker
Iemand wat op ‘n plaas woon en werk…
boer
Iemand wat vleis verkoop…
slagter
Iemand wat ‘n taxi bestuur…
taxibestuurder
Iemand wat die mure van ‘n huis verf…
verwer
Iemand wat siek mense gesond maak…
dokter
Iemand wat in die tuin werk…
tuinier
Iemand wat kos kook…
kok
Iemand wat mense se tande versorg…
tandarts
Iemand wat in ‘n kerk preek…
predikant
Iemand wat na pasiënte in ‘n hospitaal omsien…
verpleegster
Iemand wat brood bak…
bakker
Iemand wat medisyne verskaf in ‘n apteek…
apteker
Iemand wat by ‘n garage petrol in die kar gooi…
petroljoggie
Vertaal “interesting”
interessant (let op die dubbel-s)
Vertaal “immediately”
onmiddellik (let op die dubbel-d en dubbel-l)
Iemand wat hare sny en stileer.
haarkapper
Iemand wat ‘n orkes lei…
dirigent
Die “ek” in ‘n gedig noem ons die …
spreker
Maak die spelfoute reg:
As n mens jou oe toemaak en na ales om jou lyster, gaan jy in ‘n anner wereld in.
'n oë alles luister ander wêreld
Watter sin gebruik “arm” se letterlike betekenis en watter sin gebruik die figuurlike betekenis?
Koning Midas se arme dogter verander in goud.
Hulle is so arm dat hulle nie kos het om te eet nie.
Koning Midas se arme dogter verander in goud.
Figuurlik. Sy is nie arm nie - haar pa is die koning -
maar ons voel jammer vir haar.
Hulle is so arm dat hullel nie kos het om te eet nie.
Letterlik. Hulle het nie geld om kos te koop nie.
Iemand wat die vleis eet nie, is ‘n …
vegetariër
Wat is korrek: op pad / oppad?
op pad
Wat is korrek: huis toe en skool toe, of huistoe en skooltoe
huis toe en skool toe
Verduidelik die verskil tussen “gesin” en “familie”.
“Gesin” sluit ‘n pa, ma, broers en susters in (immediate family).
“Familie” is almal in jou gesin, sowel as oumas, oupas, ooms, tannies, niggies en nefies (extended family).
Ek (trou/vertrou) dat jy vir niemand sal sê waarheen ek (verlede/gelede) week ge(rys/reis) het nie.
vertrou = trust (not trou = to get married) verlede = past (not gelede = ago) reis = travel (not rys = rice)
Ek (glo/belowe) dat ek reguit (huis/hys) toe sal kom.
belowe = promise (not glo = believe) huis = house / home (not hys = lift)
My verjaarsdag (persent/present) van my ouma was ‘n nuwe stel (kleure/klere).
present = gift (not persent = per cent %) klere = clothes (not kleure = colours)
Wat is ‘n vergelyking?
Een ding word met ‘n ander ding vergelyk en die woord “soos” of “nes” word gebruik, bv.
Jou monster is so lelik soos die nag.
“grillerige gesig” is ‘n voorbeeld van…
alliterasie (herhaling van ‘n konsonant, in die geval die “g” klank)
Wat is ‘n eienaam?
Die naam van ‘n spesifieke persoon of plek.
Waarmee begin ‘n eienaam?
‘n Hoofletter
Gee voorbeelde van eiename.
naam van 'n persoon, bv. Elsje Stark plek, bv, Kaapstad, Suid-Afrika skool, bv. Laerskool Pinehurst straat, bv. Hoofstraat koerant, bv, Daily Mail maand, bv. Augustus dag, bv. Maandag