Voegwoorde Flashcards
Wat doen ‘n voegwoord?
‘n Voegwoord heg twee sinne aanmekaar.
Gee ‘n paar voorbeelde van voegwoorde.
en maar want omdat terwyl voordat
Verander die woordorde van twee sinne wat deur “en”, “maar” of “want” aanmekaar gelas word?
Nee
Hoe verander die woordvolgorde van die tweede sin, wanneer “omdat”, “voordat”, “dat” of “terwyl” gebruik word?
Die werkwoord skuif na die einde van die tweede sin.
Verbind die twee sinne met die voegwoord “want”:
Sy is ongelukkig.
Haar kat is weg.
Sy is ongelukkig, want haar kat is weg.
Verbind die twee sinne met die voegwoord “omdat”:
Sy is ongelukkig.
Haar kat is weg.
Sy is ongelukkig omdat haar kat weg is.
Hoe verander die woordorde wanneer die voegwoorde “dus”, “dan” of “daarom” gebruik word?
Die werkwoord kom direk na die “dus”, “dan” of “daarom”.
Verbind die twee sinne met die voegwoord “dus”:
Varkbeer sing nie mooi nie.
Hy gaan huis toe.
Varkbeer sing nie mooi nie, dus gaan hy huis toe.
Verbind die twee sinne met die voegwoord “daarom”:
Bokram pas by Mooi Nooi.
Sy gaan met hom trou.
Bokram pas by Mooi Nooi, daarom gaan sy met hom trou.
Voor watter voegwoorde word ‘n komma gebruik?
want
maar
Verbind die twee sinne met die voegwoord “omdat”:
Die bokkies is maer en honger.
Daar is min kos.
Die bokkies is maer en honger omdat daar min kos is.
Verbind die twee sinne met die voegwoord “daarom”:
Die reus wil die bokkies opeet.
Hulle is bang.
Die reus wil die bokkies opeet, daarom is hulle bang.
Verbind die twee sinne met die voegwoord “dus”:
Kleinste Bokkie is klein en maer.
Die reus laat hom oor die brug stap.
Kleinste Bokkie is klein en maer, dus laat die reus hom oor die brug stap.
Verbind die twee sinne met die voegwoord “want”:
Vincent se huis is slordig.
Hy pak niks weg nie.
Vincent se huis is slordig, want hy pak niks weg nie.
Verbind die twee sinne met die voegwoord “omdat”:
Vincent mors water.
Hy gebruik ‘n tuinslang om die kar te was.
Vincent mors water omdat hy ‘n tuinslang gebruik om die kar te was.