Ontkenning Flashcards
Beantwoord die vraag ontkennend:
Het iemand vir Ben gesê om William se bal te vat?
Nee, niemand het vir Ben gesê om William se bal te vat nie.
Beantwoord die vraag ontkennend:
Het Ben die bal êrens weggesteek?
Nee, Ben het die bal nêrens weggesteek nie.
Het Ben iets skool toe gebring?
Nee, Ben het niks skool toe gebring nie.
nie + iemand
niemand… nie
nie + ooit
nooit… nie
nie + iets
niks nie
nie + êrens
nêrens… nie
nie + nog
nie meer nie
Beantwoord die vraag ontkennend:
Lê daar rommel in Ronnie se tuin?
Nee, daar lê nie rommel in Ronnie se tuin nie.
Beantwoord die vraag ontkennend:
Mag jy in die restaurant rook?
Nee, jy mag nie in die restaurant rook nie.
Beantwoord die vraag ontkennend:
Eet jy ooit ontbyt?
Nee, ek eet nooit ontbyt nie.
Beantwoord die vraag ontkennend:
Gooi jy iets by jou tee?
Nee, ek gooi niks by my tee nie.
Beantwoord die vraag ontkennend:
Het jy al vleis gebraai?
Nee, ek het nog nie vleis gebraai nie.
Beantwoord die vraag ontkennend:
Sit daar iemand by die tafel?
Nee, daar sit niemand by die tafel nie.
Beantwoord die vraag ontkennend:
Is daar êrens ‘n kers op die tafel?
Nee, daar is nêrens ‘n kers op die tafel nie.