Tyd Flashcards

1
Q

Noem die 3 tye wat in die Afrikaanse taal voorkom.

A

verlede tyd
teenwoordige tyd
toekomende / toekomstige tyd

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Hoe verander jy ‘n sin van teenwoordige tyd na verlede tyd?

A

waar die werkwoord (verb) was, sit jy “het”;

die werkwoord kry ‘n “ge” vooraan en skuif na die einde van die sin

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Hoe verander jy ‘n sin van teenwoordige tyd na toekomende tyd?

A

waar die werkwoord (verb) was, sit jy “sal”;

die werkwoord skuif na die einde van die sin

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Verander die sin na toekomstige tyd:

Vandag waai die wind. Môre…

A

Môre sal die wind waai.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Verander die sin na verlede tyd:

Vandag skyn die son. Gister…

A

Gister het die son geskyn.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Verander die sin na verlede tyd:

Môre sal ek ‘n boom plant. Gister…

A

Gister het ek ‘n boom geplant.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Verander die sin na toekomstige tyd:

Dit het gister gereën. Môre…

A

Môre sal dit reën.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Verander die sin na verlede tyd:

Die diere is baie bang vir Leeu.

A

Die diere was baie bang vir Leeu.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Verander die sin na teenwoordige tyd:

Hulle het met ‘n radiostasie by die skool begin.

A

Hulle begin met ‘n radiostasie by die skool.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Verander die sin na teenwoordige tyd:

Hulle het pouses baie liedjies gespeel.

A

Hulle speel pouses baie liedjies.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Verander die sin na teenwoordige tyd:

Die radiostasie was ‘n groot sukses.

A

Die radiostasie is ‘n groot sukses.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

“ge” word nie gebruik om die werkwoord na die verlede tyd te verander, as dit begin met … nie.

A
be-             (bv. bewaar)
ge-             (bv. gewaar)
her-            (bv. herontdek)
er-              (bv. erken) 
ont-            (bv. ontdek)
ver-            (bv. vergelyk)
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Verander die sin na verlede tyd:

Die kinders stamp met hul voete op die grond.

A

Die kinders het met hul voete op die grond gestamp.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Verander die sin na verlede tyd:

Steven pak sy boeke in.

A

Steven het sy boeke ingepak.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Verander die sin na verlede tyd:

Julia maak die viooltas oop.

A

Julia het die viooltas oopgemaak.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Verander die sin na verlede tyd:

Sy pak al die instrumente weg.

A

Sy het al die instrumente weggepak.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
17
Q

Verander die sin na verlede tyd:

Juffrou skel ons uit.

A

Juffrou het ons uitgeskel.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
18
Q

Verander die sin na verlede tyd:

Hy tel die klavierstoel op.

A

Hy het die klavierstoel opgetel.

19
Q

Verander die sin na verlede tyd:

Die orkes wag vir die dirigent.

A

Die orkes het vir die dirigent gewag.

20
Q

Verander die sin na verlede tyd:

Die motor trek met skreeuende bande weg.

A

Die motor het met skreeuende bande weggetrek.

21
Q

Verander die sin na verlede tyd:

Hy is baie lief vir sy dogtertjie.

A

Hy was baie lief vir sy dogtertjie.

22
Q

Verander die sin na verlede tyd:

Die wens word waar.

A

Die wens het waar geword.

23
Q

Die arme koning weet sy dogter is vir hom meer werd as sy goud.

A

Die arme koning het geweet sy dogter is vir hom meer werd as sy goud.

24
Q

Verander die sin na verlede tyd:

Hy tel elke dag sy geld.

A

Hy het elke dag sy geld getel.

25
Verander die sin na verlede tyd: | Hy wens 'n wens.
Hy het 'n wens gewens.
26
Die hulpwerkwoord "wil" verander na __ in die verlede tyd.
wou
27
Die hulpwerkwoord "kan" verander na __ in die verlede tyd.
kon
28
Die hulpwerkwoord "moet" verander na __ in die verlede tyd.
moes
29
Die hulpwerkwoord "sal" verander na __ in die verlede tyd.
sou
30
Verander die sin na verlede tyd: | Ek moet elke maand my ouma bel.
Ek moes elke maand my ouma bel.
31
Verander die sin na verlede tyd: | Allen sal sy speelgoed deel.
Allen sou sy speelgoed deel.
32
Verander die sin na verlede tyd: | Ek wil graag die naweek by my maat gaan kuier.
Ek wou graag die naweek by my maat gaan kuier.
33
Herskryf die sin. Begin met "Gister": | Die monster sit 'n dogtertjie in 'n sak.
Gister het die monster 'n dogtertjie in 'n sak gesit.
34
Herskryf die sin. Begin met "Gister": | Mamela se ouma gee vir die monster 'n emmer.
Gister het Mamela se ouma vir die monster 'n emmer gegee.
35
Herskryf die sin. Begin met "Gister": | Lillie is bang vir monsters.
Gister was Lillie bang vir monsters.
36
Verander die sin na verlede tyd: | Len waag dit om tot by die deur te loop.
Len het dit gewaag om tot by die deur te loop.
37
Verander die sin na verlede tyd: | Len sê vir Lillie dat hy nie bang is nie.
Len het vir Lillie gesê dat jy nie bang is nie.
38
Verander die sin na verlede tyd: | My oom is oud.
My oom was oud.
39
Verander die sin na verlede tyd: | My oom sal groete vir Mannetjies Roux stuur.
My oom sou groete vir Mannetjies Roux stuur.
40
Verander die sin na verlede tyd: | My oom wil reën hê.
My oom wou reën hê.
41
Verander die sin na verlede tyd: | Dit moet op die plaas reën.
Dit moes op die plaas reën.
42
Verander die sin na verlede tyd: | My oom kan mooi in die straat sing.
My oom kon mooi in die straat sing.
43
Die hulpwerkwoord "is" verander na __ in die verlede tyd.
was
44
Die hulpwerkwoord "het" verander na __ in die verlede tyd. | bv. Ek het die antwoord.
het gehad | bv. Ek het die antwoord gehad.