Sinne Flashcards
Noem 4 soorte sinne.
Stelsin
Uitroepsin
Vraagsin
Bevelsin
‘n Stelsin eindig met ‘n …
. (punt)
‘n Uitroepsin eindig met ‘n …
! (uitroepteken)
‘n Vraagsin eindig met ‘n …
? (vraagteken)
Verander die stelsin na ‘n vraagsin:
‘n Bok kan hard blêr.
Kan ‘n bok hard blêr?
Verander die stelsin na ‘n vraagsin:
Die haan sal vroeg kraai.
Sal die haan vroeg kraai?
‘n Sin begin met ‘n …
hoofletter
Skryf die vraagsin oor as ‘n stelsin:
Bly die bokke in die berge?
Ja, die bokke bly in die berge.
Skryf die vraagsin oor as ‘n stelsin:
Was die groen gras aan die oorkant van die rivier?
Ja, die groen gras was aan die oorkant van die rivier.
Wat is ‘n enkelvoudige sin?
‘n sin met een werkwoord
Wat is ‘n saamgestelde sin?
‘n sin met meer as een werkwoord
Verander die stelsin na ‘n vraagsin:
Jerry speel vanmiddag ‘n sokkerwedstryd.
Wanneer…
Wanneer speel Jerry ‘n sokkerwedstryd?
Verander die stelsin na ‘n vraagsin:
Jerry speel ‘n sokkerwedstryd.
Wat…
Wat speel Jerry?
Maak 3 foute reg in die sin:
Thando will graag ‘n pret draf by hulle skool reel.
wil
pretdraf
reël
Maak 4 foute reg in die sin:
Hy wil he baie kinners moed daaraan deel neem.
hê
kinders
moet
deelneem
Maak 3 foute reg in die sin:
Hy staan elke daag vyf uur in die oggent op om te oefen.
dag
vyfuur
oggend
Verander die stelsin na ‘n bevelsin:
Ek skryf ‘n paragraaf oor die dier.
Skryf ‘n paragraaf oor die dier!
Verander die stelsin na ‘n bevelsin, met asseblief:
Ek sal dit nog korter sny.
Sny dit nog korter, asseblief!
Enkelvoudige of saamgestelde sin:
Die kok kook kos en bak koek in die kombuis.
saamgestelde sin (2 werkwoorde: "kook" en "bak")
Verander die stelsin na ‘n bevelsin, met asseblief:
Ek sal die vleis in die oond sit.
Sit die vleis in die oond, asseblief!
‘n Bevelsin begin met ‘n …
werkwoord
‘n Bevelsin eindig met ‘n …
punt (.), of ‘n uitroepteken (!)