Byvoeglike Naamwoorde Flashcards
Wat doen ‘n byvoeglike naamwoord?
Dit beskryf die selfstandige naamwoord.
Wat is ‘n byvoeglike naamwoord in Engels?
adjective
Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord: Boelies is (gemeen) kinders.
gemene
Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord:
Hy noem ander kinders (lelik) name.
lelike
Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord: Dit is (goed) raad.
goeie
Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord:
Maak liewer ‘n (wreed) boelie jou maat.
wrede
Gee die intensiewe vorm van “rooi”
bloedrooi
Gee die intensiewe vorm van “swart”
pikswart
Gee die intensiewe vorm van “blou”
potblou
Gee die intensiewe vorm van “groen”
grasgroen
Gee die intensiewe vorm van “maer”
brandmaer
Gee die intensiewe vorm van “vet”
spekvet
Gee die intensiewe vorm van “mooi”
popmooi
Gee die intensiewe vorm van “lelik”
skreeulelik
Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord:
Die (arm) meisie is baie siek.
arme
Die boelie het ‘n (dier/duur) les geleer.
duur (expensive); not dier (animal)!
Identifiseer die byvoeglike naamwoorde in die sin:
Leeus is gevaarlike roofdiere en hulle is groot en sterk.
gevaarlike
groot
sterk
Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord:
Leeu het eers ‘n (sag) stem gehad.
sagte
Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord:
Nou het Leeu ‘n (hard) stem.
harde
Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord:
Leeu is ‘n (gevaarlik) dier.
gevaarlike
Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord:
Leeu is ‘n (wild) dier.
wilde
Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoorde:
Ek het nie vir jou (goed) nuus nie, maar (sleg) nuus.
goeie
slegte
Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord:
Die (bekommerd) diere hou vergadering.
bekommerde
Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoorde:
‘n Bok is ‘n (maklik) prooi vir ‘n (vinnig) leeu.
maklike
vinnige
Gee die intensiewe vorm van “nuut”
splinternuut
Gee die intensiewe vorm van “flou”
stokflou
Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord:
Dis (pragtig) musiek.
pragtige
Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord:
Dis ‘n (vinnig) vlakvark.
vinnige
Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord:
Dis ‘n (splinternuut) blokfluit.
splinternuwe
Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord:
Sy is ‘n (vriendelik) mens.
vriendelike
Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord:
Dit is ‘n (lig) rugsak.
ligte
Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord:
Dit is ‘n (oud) hondjie.
ou
Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord:
Dit is ‘n (jonk) katjie.
jong
Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord: Dit is (koud) water.
koue