Toneel 5 - Storie Flashcards
Wat doen Basson om aan te dui dat hy die band afgeblaas het?
Hy gooi die doppie van die motorband vir haar en sy vang dit.
Hoe gebeur dit dat Basson en Amory saam Kaapstad toe ry?
Amory is aanraaklik onwillin, maar dan daag Basson haar uit om teen hom kettie te skiet . Hy wen, dus, moet sy hom saam neem Kaap toe.
Hoeveel kilometer moet Basson en Amory nog ry om in die Kaap te kom?
1200 kilometer
Wat maak Janneman baie gelukkig oor die kettieskiet-kompetiesie?
Basson vra hom om as skeidsregter op te tree.
Waarom is Basson en Amory onderskeidelik op pad Kaap toe?
Basson gaan ‘n begrafnis bywoon. Vir Amory is dit die pad na haar hart.
Hoekom , dink jy, raak Janneman aan sy hart as Basson en Amory wegry?
Janneman dink hulle is ‘n oulike paartjie. Hy dink hulle is besig om te ontwikkel.
Waar gaan Hein Vermeulen vir Basson soek?
By Vecto Petroleum
Waar oornag Amory en Basson die eerste nag van hulle reis?
By die Vanderkloof-dam
Op watter toep soek Basson verblyf?
Lekkerslaap
Hoe dui Basson aan dat Amory hom verskriklik frustreer?
Hy wys met sy hande dat hy haar wil verwurg.
Wat trek Amory op haar wenslys op die kaart dood? Die hoeveelste item op die wenslys is dit?
“Help ‘n vreemdeling.” Die eerste
Watter ongeluk kom Basson die aand langs die kampvuur oor?
Die malvalekker in Basson se hand raak aan die brand en as hy dit weggooi, slaan die tent aan die brand.
Hoe kom Amory tot sy reddig?
Sy blus die brand met water.
Wat het Amory die spekboompie gemeen, volgens Basson?
‘n Spekboom en Amory is met min tevrede.
Wat doen Amory as sy verskietende ster sien?
Sy maak haar oë toe en maak ‘n wens. Dan trek sy die tweede item op haar wenslys dood: “Maak ‘n wens.”