Toneel 3 - Storie Flashcards
How weet die kyker dat Basson sy pa se uitdading aanvaar?
Hy doen opsitte. Hy pak sy tas. Hy trek sy pak klere. Hy vertrek van die huis af as dit nog donker is. Hy laat André weet dat hy op pad Kaap toe is.
Waarheen moet Basson eerste gaan?
Clarens
Watter ironiese stelling maak Basson teenoor Lucky?
“I don’t have any money.” Hy sê dat hy nie geld het nie
Watter woorde gebruik meneer Ndlovu om sy en Basson Senior se vriendskap te beskryf.
Hy sê dat hulle al ‘n lang pad loop
Waarom is Basson so verbaas as Meneer Ndlovu vir hom vertel dat hy saam met sy pa studeer het?
Meneer Ndlovu (Dr Ndlovu) het ‘n doktergraad aan Oxford behaal, maar hy maak skoene vir ‘n bestaan.
Hoekom het meneer Ndlovu die keuse gemaak om daar te bly en te werk?
Hy ontwikkel die geemeenskap en die jeug.
Wat sê meneer Ndlovu van Basson Senior as hy van sy dood hoor?
Hy sê hy was ‘n merkwaardige man en ‘n vriend
Watter twee dinge oorhandig meneer Ndlovu aan Basson?
‘n Brief in ‘n koevert (met ‘n sleutel daarin) en ‘n paar velskoene (vellies).
Hoe weet die kyker dat Basson baie omgekrap is as hy by die skoenwinkel uitkom?
Basson los die velskoene agter. Hy storm by die winkel uit. Dan hy stamp Lucky weg van sy motor af. Hy ry haastig weg.
Hoekom kan Basson nie verder met sy motor Kaapstad toe ry nie?
Sy pa gee vir hom opdrag om sy motor se sleutels vir die skoene te ruil.