Werkwoorde Flashcards
Watter soort werkwoorde is “om…te”?
infinitiewe werkwoorde
Vul “om…te” op die regte plek in:
Ek hou nie daarvan (baklei) nie.
Ek hou nie daarvan om te baklei nie.
Vul “om…te” op die regte plek in:
Ek hou daarvan (lekkers eet).
Ek hou daarvan om lekkers te eet.
Vul “om…te” op die regte plek in:
Ek hou daarvan (geld in die bank spaar).
Ek hou daarvan om geld in die bank te spaar.
Watter woord help ons om die regte woordorde vir Afrikaanse sinne te onthou?
STOMPI
Sv1TOMPv2I
Waarvoor staan die letters in STOMPI?
Onthou waar die werkwoorde inpas…
S = subject v1 = verb T = time O = object M = manner P = place v2 = verb I = infinitive
Wat is die enigste woord wat na die infinitief kan staan?
“nie”
Vul “om…te” op die regte plek in:
Oupa hou nie daarvan nie (hoender eet).
Oupa hou nie daarvan om hoender te eet nie.
Vul “om…te” op die regte plek in:
Die diere hou daarvan (in die bos woon).
Die diere hou daarvan om in die bos te woon.
Vul "om...te" op die regte plek in: Dis goed (vrae vra) oor vigs.
Dis goed om vrae oor vigs te vra.
Vul “om…te” op die regte plek in:
‘n Mens moet gebalanseerd eet (gesond wees).
‘n Mens moet gebalanseerd eet om gesond te wees.
Vul “om…te” op die regte plek in:
Dit is goed (raad vra) as jy iets nie weet nie.
Dit is goed om raad te vra as jy iets nie weet nie.
Skryf die sin oor in die infinitief:
Chantelle hou van harde werk doen.
Chantelle hou daarvan om harde werk te doen.
Skryf die sin oor in die infinitief:
Ek hou daarvan (in die teater fliek).
Ek hou daarvan om in die teater te fliek.
Skryf die sin oor in die infinitief:
Ek en jy is gemaak (spore los).
Ek en jy is gemaak om spore te los.