Voornaamwoorde Flashcards
Voornaamwoorde word in die plek van ___ gebruik.
naamwoorde
Gee voorbeelde van persoonlike voornaamwoorde:
ek jy hy sy ons julle hulle
Gee voorbeelde van besitlike voornaamwoorde:
my - myne jou - joune sy - syne haar - hare ons - ons s'n julle - julle s'n hulle - hulle s'n
Ek het ‘n kat.
Dit is __ kat.
Die kat is __.
Ek het ‘n kat.
Dit is my kat.
Die kat is myne.
Jy het ‘n kat.
Dit is __ kat.
Die kat is __.
Jy het ‘n kat.
Dit is jou kat.
Die kat is joune.
Sy het ‘n kat.
Dit is __ kat.
Die kat is __.
Sy het ‘n kat.
Dit is haar kat.
Die kat is hare.
Hy het ‘n kat.
Dit is __ kat.
Die kat is __.
Hy het ‘n kat.
Dit is sy kat.
Die kat is syne.
Ons het ‘n kat.
Dit is __ kat.
Die kat is __.
Ons het ‘n kat.
Dit is ons kat.
Die kat is ons s’n.
Julle het ‘n kat.
Dit is __ kat.
Die kat is __.
Julle het ‘n kat.
Dit is julle kat.
Die kat is julle s’n.
Hulle het ‘n kat.
Dit is __ kat.
Die kat is __.
Hulle het ‘n kat.
Dit is hulle kat.
Die kat is hulle s’n.
Gee voorbeelde van betreklike voornaamwoorde:
wie wat met wie met wat waarin
Wanneer gebruik jy “wat” en wanneer gebruik jy “wie”?
“wat” kan vir mense, diere en dinge gebuik word
as daar ‘n voorsetsel is, gebruik jy “wie” (bv. met wie) vir mense
Kies die regte betreklike voornaamwoord: Die vrou (wie / wat) 'n sjokolade gekoop het, eet dit in die kafeteria.
wat
Kies die regte betreklike voornaamwoord:
Die jong man (wie / wat) langs haar sit, dra ‘n sonbril.
wat
Kies die regte betreklike voornaamwoord: Die sjokolade (wie / wat) op die tafel lê, is die jong man s'n.
wat
Kies die regte betreklike voornaamwoord: Die vrou (met wie / met wat) sy in die bus praat, is vriendelik.
met wie
Kies die regte betreklike voornaamwoord: Die bus (in wat / waarin) sy ry, is stadig.
waarin
Gee voorbeelde van aanwysende voornaamwoorde:
hierdie
daardie
Die meisie vra vir die man of (sy / hy) van (sy / hy) worsrolletjies kan koop.
sy (vroulik)
sy (manlik)
Kies die regte betreklike voornaamwoord: Die sjokolade (aan wat / waaraan) die vrou hap, was op die tafel.
waaraan
Die toeris (wie / wat) ver gereis het, wil nou tuis bly.
wat
Die reis (op wat / waarop) sy was, is verby.
waarop
(Hierdie / Daardie) toergids langs my is baie goed.
Hierdie
Gee ‘n paar voorbeelde van vraende voornaamwoorde / vraagwoorde.
wie wat waar hoe laat waarmee hoeveel
Gee die regte vraagwoorde:
Hy het om elfuur die aand die venster gebreek
__ __ het hy die venster gebreek?
__ het hy om elfuur gebreek?
Hoe laat
Wat
Hy het R5000 uit die kluis gesteel.
__ geld het hy uit die kluis gesteel?
__ was die geld wat hy gesteel het?
Hoeveel
Waar