Homofone Flashcards
Wat is homofone?
Woorde wat dieselfde klink, maar anders gespel word, en met verskillende betekenisse.
Gee ‘n voorbeeld van homofone.
rys (wat jy eet)
reis (om te toer)
Kies die regte homofoon vir elke sin:
Nandi het ‘n eet / eed afgelê.
Hulle eet / eed bessies.
Nandi het ‘n eed afgelê.
Hulle eet bessies.
Kies die regte homofoon vir elke sin:
As jy te min kos het, word jy maer / maar.
Nandi het belowe, maer / maar sy is spyt daaroor.
As jy te min kos het, word jy maer.
Nandi het belowe, maar sy is spyt daaroor.
Kies die regte homofoon vir elke sin:
Nolita gaan hael / haal ‘n karos.
Die hael / haal lê wit daar buite.
Nolita gaan haal ‘n karos.
Die hael lê wit daar buite.
Kies die regte homofoon vir elke sin:
Wil jy reis / rys hê saam met jou vleis?
Hulle reis / rys deur Amerika.
Wil jy rys hê saam met jou vleis?
Hulle reis deur Amerika.
Kies die regte homofoon vir elke sin:
Nkosi Johnson het aan vigs gelei / gely.
Nelson Mandela het ons land as president gelei / gely.
Nkosi Johnson het aan vigs gely.
Nelson Mandela het ons land as president gelei.
Kies die korrekte homofoon:
Die klere / kleure rooi, swart en wit is ‘n treffende kombinasie.
kleure
Kies die regte homofoon vir elke sin:
Die sement is baie (hard / hart).
Ek voel hoe klop my (hard / hart).
Die sement is baie hard.
Ek voel hoe klop my hart.
Kies die regte homofone:
Die (vier / fier) soldate stap (vier / fier) en regop.
Die vier soldate stap fier en regop.