Diverse Flashcards
Wat is ubuntu?
Medemenslikheid. Mense in die gemeenskap / vriende wat mekaar respekteer, help en ondersteun.
Wat word ‘n paragraaf van ‘n gedig genoem?
‘n Strofe.
stanza / verse
Wat is ‘n vergelyking?
Een ding word met ‘n ander ding vergelyk en die woord “soos” of “nes” word gebruik, bv.
Jou monster is so lelik soos die nag.
(simile)
Wat is assonansie?
Herhaling van vokale vir klankeffek,
bv. dof plof die druppels in die stof
Wat is alliterasie?
Herhaling van konsonante vir klankeffek,
bv. woeste winde waai weer
Wat word een lyn woorde in ‘n gedig genoem?
‘n Versreël
line
Wat is rymwoorde?
Woorde wat met dieselfde klank eindig,
bv. baklei en gekry
Wat is ritme?
Die herhaling van woorde met klem in elke versreël van ‘n gedig.
Wat is personifikasie?
Wanneer menslike eienskappe aan nie-lewende dinge / dinge in die natuur gegee word,
bv. die son glimlag en die wind huil
bv. my skaduwee dans
Wat is ‘n tussenwerpsel?
‘n Uitroep,
bv. Hoera! (uitroep van blydskap)
bv. O wee! (uitroep van teleurstelling)
Wat is die rymskema van ‘n gedig?
Dit verwys na watter versreëls in elke strofe met mekaar rym.
Verduidelik paarrym.
aabb
Versreëls 1 en 2 rym; versreëls 3 en 4 rym.
Verduidelik kruisrym.
abab
Versreëls 1 en 3 rym; versreëls 2 en 4 rym.
Hoe word ‘n dialoog uiteengesit?
NAAM VAN KARAKTER (enige ekstra inligting): Wat gesê word, in gewone spreektaal, met leestekens om gevoel oor te dra.
Laat ‘n reël oop na elke spreker se woorde.
Geen aanhalingstekens nie.
Onthou om ‘n komma voor / na die naam van die persoon met wie gepraat word, te gebruik, bv.
KAMEELPERD (loop stadig): Renoster, is jy ook honger?
Suid-Afrika se nasionale bok…
springbok
Suid-Afrika se nasionale blom…
protea
Suid-Afrika se nasionale vis…
galjoen
Suid-Afrika se nasionale boom…
geelhout
Suid-Afrika se nasionale voël…
kraanvoël
Maak 2 foute reg:
Daar is ses klere in ons lands vlag.
kleure
landsvlag
Wat is leenwoorde?
woorde wat uit ander tale geleen word, bv.
tulband (Persies)
kaftan en moskee (Arabies)
Dit was ‘n groot verrasing / verrassing / verassing.
verrassing
Dit is so interresant / interesant / interessant!
interessant
Kom onmidelik / onmiddelik / onmiddellik / onmidellik hier!
onmiddellik
Wanneer gaan jy huis toe / huistoe?
huis toe
Kom jy boon toe / boontoe?
boontoe
Ek is beindruk / beïndruk.
beïndruk
Het jy al middagete / midagete geet / geeet / geëet?
middagete
geëet
Die wereld / wêreld het baie plekke om te verken.
wêreld
Ek ken / weet vir Bongi.
ken
“ken” word in kort sinne gebruik, waar “ken” die enigste werkwoord is
Hulle ken / weet wie biskop Tutu is.
weet
“weet” word saam met ‘n ander werkwoord (soos “is”) or saam met die voorsetsel “van” gebruik
Almal in ons land moet weet / ken wat die gevare van vigs is.
weet
Die volgende reël is ‘n voorbeeld van?
Geniet die goedheid van geurige groente.
alliterasie
Verbeter die taalfout:
Mense adverteer produkte sodat hulle kan dit verkoop.
Mense adverteer produkte sodat hulle dit kan verkoop.
Verbeter die taalfout:
Mense koop die produkte omdat hulle glo die advertensie.
Mense koop die produkte omdat hulle die advertensie glo.
Verbeter die taalfout:
Elke oggend ek eet eiers vir ontbyt.
Elke oggend eet ek eiers vir ontbyt.
Verbeter die taalfout:
Die vrou sê dat die worsrolletjie is sleg.
Die vrou sê dat die worsrolletjie sleg is.
Verbeter die taalfout:
Die verkoper antwoord dat dit is gesond.
Die verkoper antwoord dat dit gesond is.
Wat is telwoorde?
'n Woordsoort wat betrekking het op getalle. Voorbeelde: een, twee, ... baie, min, verskeie, ... eerste, tweede, honderdste, ... middelste, laaste, ...
Gee voorbeelde van hooftelwoorde…
een
twee
drie…
Gee voorbeelde van rangtelwoorde…
eerste tweede derde vierde vyfde sesde sewende agtste negende tiende... twintigste... honderdste... duisendste...
Maak die foute reg:
Daar is vandag baie atleete op die atletiek velt.
Daar is vandag baie atlete op die atletiekveld.
Maak die foute reg:
Hulle is alles baie viks omdat hulle oefen elke dag uure lank.
Hulle is baie fiks omdat hulle elke dag ure lank oefen.
Maak die foute reg:
Die wedstryd gaan nou nou begin, daarom moet die fotos van die A span eers geneem word.
Die wedstryd gaan nou-nou begin, daarom moet die foto’s van die A-span eers geneem word.
Maak die foute reg:
Al die mas en pas staan om die feld om te hulle kinders ondersteun.
Al die ma’s en pa’s staan om die veld om hulle kinders te ondersteun.
Wat word ‘n strofe van vier reëls genoem?
‘n Kwatryn
Kies die regte woord:
Tumelo lyk netjies in sy (skoolkleure / skoolklere).
skoolklere
Wat is die versamelnaam vir sebras?
trop
‘n trop sebras
Iemand wat kuns beoefen en skeppend werk, is ‘n …
kunstenaar
Iemand wat beelde maak, is ‘n …
beeldhouer
Iemand wat skilderye maak, is ‘n …
skilder
Iemand wat musiek maak, is ‘n …
musikant
Iemand wat graag sing, is ‘n …
sanger
Gedigte gebruik dikwels (woorde wat dieselfde klink)
rymwoorde
Wat is enjambement?
Die oorloop van een versreël na ‘n ander, sonder leestekens, in ‘n gedig.
Wat noem mens die oorloop van een versreël na ‘n ander, sonder leestekens, in ‘n gedig?
Enjambement
Hoe word die agenda van ‘n vergadering opgestel?
Agenda
- Opening en verwelkoming
- Verskonings
- Notule van vorige vergadering
- Sake voortspruitend uit die notule
- Nuwe sake: Program
- 1 Die beoordelaar
- 2 Formaat van die program
- 2.1 Sang en voordrag
- 2.2 Dans en instrumentaal
- Algemeen
- Afsluiting
Ina Smit
Sekretaresse
Kyk op bladsy 133 vir verdere verduideliking!!
Hoe word die notule van ‘n vergadering opgestel?
Heel bo is die opskrif. Dit bevat die naam van die groep wat vergader; die tyd, datum en plek van die vergadering.
Notule word in die teenwoordige tyd geskryf, bondig en akkuraat; geen onnodige inligting nie.
Die nommers stem ooreen met die nommers in die agenda.
Spesifieke name en aksies word genoem.
Onder links is die handtekening en naam van die voorsitter.
Onder regs is die datum waarop die notule aanvaar word.
Kyk op bladsy 134 na ‘n voorbeeld van ‘n notule!!
Hoe word ‘n kennisgewing van ‘n vergadering uiteengesit?
Kennisgewing van vergaderin
Graad 7G-vergadering vir beplanning van talentaand
Tyd: 12:00
Datum: 20 November 2018
Plek: Biblioteek, Laerskool Pinehurst
Kyk op bladsy 133 na ‘n voorbeeld
Watter 6 vrae moet beantwoord word in ‘n koerantberig?
Wat? Wie? Waar? Wanneer? Hoe? Hoekom?
Wat is die doel van ‘n koerantberig?
Belangrike aspekte van ‘n koerantberig?
Om nuus / inligting aan die teikengroep / leser oor te dra.
Gee die belangrikste inligting eerste; die minder belangrike laaste.
Vermy vooroordeel en stereotipering.
Gebruik formele taal.
Onthou aanhalingstekens, waar mense se eie woorde gebruik word.
Wat is paronieme?
Woorde wat afleidings van dieselfde stamwoord is.
Bv. vervelig (boring) en verveeld (bored), wat altwee van die woord verveel (to bore) kom.
Hoe word ‘n dagboekinskrywing uiteengesit?
bo regs: datum
“Liewe Dagboek”
Skryf wat gebeur het, in die eerste persoon, in verlede tyd.
Wat is ‘n limeriek en hoe lyk dit?
‘n Limeriek is ‘n snaakse rympie.
Reëls 1, 2 en 5 is lank (8 lettergrepe) en rym met mekaar.
Reëls 3 en 4 is korter (5 lettergrepe) en rym met mekaar.
Wat is ‘n fabel?
‘n Ou verhaal wat vir mens ‘n les oor die lewe leer.
Wat moet in ‘n resensie verskyn?
Titel Karakters Ruimte (waar speel dit af) Tema / les van die teks Het jy dit geniet? Sal jy dit aanbeveel?
Wat is die formaat van ‘n brief?
Kyk op bladsy 246!!
Iemand wat ‘n vliegtuig vlieg…
vlieënier