Voegwoorde Flashcards
Wat doen ‘n voegwoord?
‘n Voegwoord heg twee sinne aanmekaar.
Gee ‘n paar voorbeelde van voegwoorde.
en maar want omdat terwyl voordat al
Verander die woordorde van twee sinne wat deur “maar”, “en”, “of” of “want” aanmekaar gelas word?
Nee
Hoe verander die woordvolgorde van die tweede sin, wanneer “dat”, “omdat”, “voordat”, “sodat” of “terwyl” gebruik word?
Die werkwoord skuif na die einde van die tweede sin.
Hoe verander die woordorde wanneer die voegwoorde “dus”, “dan”, “daarom” of “derhalwe” gebruik word?
Die werkwoord kom direk na die “dus”, “dan”, “daarom” of “derhalwe”.
Voor watter voegwoorde word ‘n komma gebruik?
want maar dog al dan toe
Verbind die 2 sinne eers met “want” en dan met “omdat”:
Ek is trots Suid-Afrikaans.
Ek is lief vir my land.
Ek is trots Suid-Afrikaans, want ek is lief vir my land.
Ek is trots Suid-Afrikaans omdat ek lief vir my land is.
Hoe verander die woordvolgorde van die twee sinne as die voegwoord “al” gebruik word?
Begin met “Al…”
gevolg deur die werkwoord van die eerste sin
‘n komma aan die einde van die eerste sin
gevolg deur die werkwoord / hulpwerkwoord van die twede sin
Verbind die 2 sinne met “al”:
Ek is siek.
Ek moet die toets skryf.
Al is ek siek, moet ek die toets skryf.
Verbind die 2 sinne met “al”:
Ek leer die nasionale simbole.
Ek ken hulle nog nie.
Al leer ek die nasionale simbole, ken ek hulle nog nie.
Verbind die 2 sinne met die voegwoord “maar”:
Die reisigers wil betaal.
Hulle het nie geld nie.
Die reisigers wil betaal, maar hulle het nie geld nie.
Verbind die 2 sinne met die voegwoord “dat”:
Haman reël.
Die reisigers slaap in die polisiekantoor.
Haman reël dat due reisigers in die polisiekantoor slaap.
Verbind die 2 sinne met die voegwoord “want”:
Haman bied sy dienste aan.
Hy wil hulle sy plek wys.
Haman bied sy dienste aan, want hy wil hulle sy plek wys.
Verbind die twee sinne met die voegwoord “aangesien”:
Chantelle bereik baie in haar lewe.
Sy werk hard.
Chantelle bereik baie in haar lewe, aangesien sy hard werk.
Daar is geen verandering in die volgorde van die tweede sin se woorde wanneer een van hierdie voegwoorde gebruik word nie:
maar
en
of
want
Die werkwoord van die tweede sin skuif na onmiddellik na die voegwoord, wanneer hierdie voegwoorde gebruik word:
dus
dan
daarom
derhalwe
Die werkwoord van die tweede sin skuif na heel aan die einde, wanneer hierdie voegwoorde gebruik word:
dat omdat voordat sodat terwyl
Verbind die twee sinne met “maar”:
Die seun is lank.
Die meisie is kort.
Die seun is lank, maar die meisie is kort.
Verbind die twee sinne met “daarom”:
Die meisie is dors.
Sy drink water.
Die meisie is dors; daarom drink sy water.
Verbind die twee sinne met “omdat”:
Hy is moeg.
Hy hardloop baie rond.
Hy is moeg omdat hy baie rond hardloop.
Verbind die twee sinne met “want” en dan met “omdat”:
Die vrou hou nie van die jong man nie.
Hy het ‘n poniestert.
Die vrou hou nie van die jong man nie, want hy het ‘n poniestert.
Die vrou hou nie van die jong man nie omdat hy ‘n poniestert het.
Verbind die twee sinne met “dus”:
Die vrou is lus vir sjokolade.
Sy koop vir haarself een.
Die vrou is lus vir sjokolade; dus koop sy vir haarself een.
Verbind die twee sinne met “daarom”:
Die vrou dink die sjokolade is hare.
Sy eet dit.
Die vrou dink die sjokolade is hare dus eet sy dit.
Verbind die twee sinne met “maar”:
Die vrou is kwaad.
Die jong man is rustig.
Die vrou is kwaad, maar die jong man is rustig.