Idiome, Letterlik & Figuurlik Flashcards
Ek kan slange vang!
Ek is kwaad.
Daar is ‘n slang in die gras.
Daar is ‘n groot gevaar.
‘n Man tussen die manne wees.
Dink jy is groot en sterk.
As is verbrande hout.
Iets om te sê vir iemand wat gedurig”as” sê; hulle wens dat hulle iets anders gedoen het, of dat iets anders was.
Taalgebruik is letterlik of …
figuurlik
‘n Ander woord vir letterlik:
denotatief
‘n Ander woord vir figuurlik:
konnotatief
Letterlik of figuurlik:
Al wat oorgebly het van die hout na die vuur, is as.
letterlik
Letterlik of figuurlik:
As jy meer geleer het, sou jy die toets geslaag het, maar as is verbrande hout.
figuurlik
Hoog in die takke.
Te veel gedrink; dronk.
Praat deur jou nek.
Praat onsin.
Jou kop is deur.
Jy het dit reggekry / geslaag.
Letterlik of figuurlik?
Hy sluk die water vinnig.
Die Sahara-woestyn sluk die plek in.
Letterlik: Hy sluk die water vinnig.
Figuurlik: Die Sahara-woestyn sluk die plek in.
Letterlik of figuurlik?
Dis lekker om sport te speel.
Ek sê nie maklik nee vir ‘n lekker nie!
Figuurlik: Dis lekker om sport te speel.
Letterlik: Ek sê nie maklik nee vir ‘n lekker nie!
Letterlik of figuurlik?
Die arm vrou het nie geld om kos te koop nie.
Die arme kind is hartseer, want haar ouma is siek.
Letterlik: Die arm vrou het nie geld om kos te koop nie.
Figuurlik: Die arme kind is hartseer, want haar ouma is siek.
Die klere maak nie die man nie.
Mens kan nie besluit hoe iemand is deur net te kyk na hoe hy aangetrek is nie.
Moet hom nie op sy baadjie takseer nie.
Moenie iemand oordeel volgens die klere wat hy dra nie.
Letterlik of figuurlik:
Die jong man dra slordige klere.
Die klere maak nie die man nie, besef die vrou.
Letterlik: Die jong man dra slordige klere.
Figuurlik: Die klere maak nie die man nie, besef die vrou.
Letterlik of figuurlik:
Jy moet hom nie op sy baadjie takseer nie.
Hy dra ‘n swart baadjie.
Figuurlik: Jy moet hom nie op sy baadjie takseer nie.
Letterlike: Hy dra ‘n swart baadjie.
Wie nie waag nie, sal nie wen nie.
As jy nie iets probeer nie, sal jy nie veel bereik nie.
Wie nie sterk is nie, moet slim wees.
As jy nie sterk is nie, moet jy jou verstand gebruik en slim planne maak om te wen.
Letterlik of figuurlik:
Haar sportsak is swaar.
Dit is swaar om nooit te wen nie.
Letterlik: Haar sportsak is swaar.
Figuurlik: Dit is swaar om nooit te wen nie.
So slim soos die houtjie van die galg
baie, baie slim (en skelm)
Slim vang sy baas
as mens te slim probeer wees, word jy dikwels self gevang