Homonieme Flashcards
Wat is homonieme?
Woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar met verskillende betekenisse.
Gee ‘n voorbeeld van homonieme.
“leer”
Klim op die leer om die boom te snoei. (ladder)
Ek hoop jy leer jou les! (learn)
My skoene is gemaak van leer. (leather)
Watter homonieme voltooi die volgende sinne?
Nie nasionale ___ van ons land is ‘n protea.
Mense ___ wanneer hulle komplimente kry.
blom
Vliegtuie land by die lughawe.
Ons woon in ‘n pragtige land.
“land” in die twee sinne is…
homonieme
Watter homonieme voltooi die volgende sinne?
Dit ___ baie geld om ___ te koop om te eet.
kos
Gee die homoniem wat die volgende sinne voltooi:
As dit droog is, moet die diere ___ .
Donkie ___ die donkiekar.
trek
Gee die homoniem wat die volgende sinne voltooi:
Die diere gaan soek kos ___ dit gereën het.
Dit is ___ dat die diere elke jaar moet trek.
waar
Gee die homoniem wat die volgende sinne voltooi:
Roofdiere ___ langs die pad vir die sebras.
Daar is nie ‘n ___ om die sebras te beskerm nie.
wag
Gee die homoniem wat die volgende sinne voltooi:
Jagters kan sebras nie so ___ sien as hulle in troppe beweeg nie.
As ‘n mens trek, is daar baie ___ om te vervoer.
goed
Gee die homoniem wat die volgende sinne voltooi:
Roofdiere ___ goed sien in die nag.
Gooi water in ‘n glas, bottel of ___ .
kan
Watter homonieme voltooi die volgende sinne?
Jy is slim, maar is jy __ ?
As jy na iets __ , wil jy hê iemand moet daarna kyk.
wys
Watter homonieme voltooi die volgende sinne?
My brein is __ geoefen. Hy kan baie __ onthou.
goed
Watter homonieme voltooi die volgende sinne?
Elke __ wat hy twyfel, besluit hy weer: niks gaan hom __ nie.
keer