Lydende en Bedrywende Vorm Flashcards
Skryf in lydende vorm:
Die seuns speel hokkie.
Hokkie word deur die seuns gespeel.
Skryf in lydende vorm:
Die seun slaan die bal.
Die bal word deur die seuns geslaan.
Skryf in lydende vorm:
Die atlete hardloop die afloswedren.
Die afloswedren word deur die atlete gehardloop.
Skryf in lydende vorm:
Die voorste atleet wen die wedren.
Die wedren word deur die voorste atleet gewen.
Skryf in lydende vorm:
Frikkie breek die wit lint.
Die wit lint word deur Frikkie gebreek.
Skryf in lydende vorm:
Die meisies speel vandag netbal.
Netbal word vandag deur die meisies gespeel.
Skryf in lydende vorm:
Die hokkiespeler skiet ‘n doel.
‘n Doel word deur die hokkiespeler geskiet.
Skryf in lydende vorm:
Die kinders speel ‘n speletjie.
‘n Speletjie word deur die kinders gespeel.
Skryf in bedrywende vorm:
Die bal word deur die krieketspeler gevang.
Die krieketspeler vang die bal.
Skryf in lydende vorm:
Die rugbyspeler skop die bal oor die pale.
Die bal word deur die rugbyspeler oor die pale geskop.
Skryf in lydende vorm:
Die sokkerspeler skop die bal in die doelhok.
Die bal word deur die sokkerspeler in die doelhok geskop.
Skryf in lydende vorm:
Die skeidsregter blaas die fluitjie hard.
Die fluitjie word deur die skeidsregter hard geblaas.
Skryf in lydende vorm:
Die wildbewaarder boei vir Twice.
Die wildbewaarder het vir Twice geboei.
Twice word deur die wildbewaarder geboei.
Twice is deur die wildbewaarder geboei.
Skryf in lydende vorm:
Twice leer ‘n duur les.
Twice het ‘n duur les geleer.
‘n Duur les word deur Twice geleer.
‘n Duur les is deur Twice geleer.
Skryf in lydende vorm:
Die pragtige Chantelle skryf wonderlike stories.
Wonderlike stories word deur die pragtige Changelle geskryf.
Skryf in lydende vorm:
Hy leer skilderkuns by ‘n kunsskool.
Skilderkuns word deur hom by ‘n kunsskool geleer.
Skryf in lydende vorm:
Hy verwerk ‘n kunsgraad aan die universiteit.
‘n Kunsgraad word deur hom aan die universiteit verwerf.
Skryf in lydende vorm:
Die doofstom skilder skilder vrolike skilderye.
Vrolike skilderye word deur die doofstom skilder geskilder.
Skryf in lydende vorm:
Chad wen ‘n goue medalje in Londen.
‘n Goue medalje word deur Chad in Londen gewen.
Skryf in lydende vorm:
Phelps beskryf Chad as ‘n ware wenner.
Chad word deur Phelps as ‘n ware wenner beskryf.
Skryf in lydende vorm:
Sy wen nie regtig die kompetisie nie.
Die kompetisie word nie regtig deur haar gewen nie.
Gee die stappe wat gevolg kan word om van bedrywende vorm oor te skakel na lydende vorm.
Gebruik die sin “Die seun speel kitaar.” om dit te illustreer.
Stap 1: identifiseer die onderwerp, werkwoord en voorwerp.
onderwerp: die seun
werkwoord: speel
voorwerp: kitaar
Stap 2: ruil die onderwerp en voorwerp se posisies
Stap 3: skryf “deur” voor die onderwerp
Stap 4: skryf “word” in die plek van die werkwoord
Stap 5: skuif die werkwoord na die einde en voeg ‘n “ge” by (behalwe as die werkwoord begin met be-, ge-, her-, er-, ont- of ver-)
Stap 6: verander die voornaamwoorde, indien nodig, om sin te maak
Die kitaar word deur die seun gespeel.