Sinne Flashcards
Noem 4 soorte sinne.
Stelsin
Uitroepsin
Vraagsin
Bevelsin
‘n Stelsin eindig met ‘n …
. (punt)
‘n Uitroepsin eindig met ‘n …
! (uitroepteken)
‘n Vraagsin eindig met ‘n …
? (vraagteken)
‘n Bevelsin begin met ‘n …
werkwoord
‘n Bevelsin eindig met ‘n …
punt (.), of ‘n uitroepteken (!)
Watter soort sin is hierdie:
Ons eet eiers vir ontbyt.
stelsin
Watter soort sin is hierdie:
Het jy dalk lus vir gekookte eier?
vraagsin
Watter soort sin is hierdie:
Maak asseblief vir my ontbyt!
bevelsin
Watter soort sin is hierdie:
Eina!
uitroepsin
Wat is ‘n enkelvoudige sin?
‘n Sin met net een werkwoord.
Vra die vraag waarvoor die volgende die antwoord is:
Sello Moepi is die seun wat wou skool toe gaan. (Wie?)
Wie is die seun wat skool toe wou gaan?
Vra die vraag waarvoor die volgende die antwoord is:
Hy woon in Soweto. (Waar?)
Waar woon hy?
Vra die vraag waarvoor die volgende die antwoord is:
Hy het op Maandag 1 September skool toe gegaan. (Wanneer?)
Wanneer het hy skool toe gegaan?
Herskryf die sin:
Candace kon van geboorte af nie loop nie.
Van geboorte af…
Van geboorte af kon Candace nie loop nie.