Direkte en Indirekte Rede Flashcards

1
Q

Wat is direkte rede?

A

‘n Aanhaling van die presiese woorde wat iemand sê.

Antoinette sê: “Dit is moeilik om te verduidelik!”

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Wat is indirekte rede?

A

‘n Verslag van wat iemand gesê het.

Antoinette sê dat dit moeilik is om te verduidelik.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Hoe verander mens ‘n sin van direkte na indirekte rede?

A

die gedeelte voor die dubbelpunt (:) bly dieselfde
die aanhalingstekens (“ “) verdwyn
die dubbelpunt (:) word vervang met “dat” (vir ‘n stelsin), of “of” (vir ‘n vraagsin)
uitsondering: as die vraagsin met ‘n vraagwoord (wie, wat, watter, waarom, hoekom, ens) begin, word “of” nie gebruik nie
tyd bly dieselfde
die werkwoord skuif na die einde van die sin
hulpwerkwoorde “het” en “is” kom heel aan die einde
voornaamwoorde verander; “ek” word “hy” / “sy”, afhangende van die geslag van die persoon wat gesels

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Skryf in indirekte rede:

Bertie sê: “Ek het Afrikaans gepraat.”

A

Bertie sê dat hy Afrikaans gepraat het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Skryf in indirekte rede:

Nico vra: “Wat is die hoofstad van Egipte?”

A

Nico vra wat die hoofstad van Egipte is.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Skryf in indirekte rede:

Nico vra vir Bertie: “Is Kaïro die hoofstad van Egipte?”

A

Nico vra vir Bertie of Kaïro die hoofstad van Egipte is.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Skryf in indirekte rede:

Vusi vra vir Bertie: “Vertel jy grappe vir Nico?”

A

Vusi vra vir Bertie of hy grappe vir Nico vertel.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Skryf in indirekte rede:

Kameelperd sê vir die dokter: “My nek is baie kort.”

A

Kameelperd sê vir die dokter dat sy nek baie kort is.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Skryf in indirekte rede:

Kameelperd vra vir Renoster: “Kan jy blare eet?”

A

Kameelperd vra vir Renoster of hy blare kan eet.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Skryf in indirekte rede:

Die man se vir haar: “Ek sal vir jou ‘n hero wees.”

A

Die man se vir haar dat hy vir haar ‘n hero sal wees.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Skryf in indirekte rede:

Die man vra vir haar: “Kan ek jou hero wees?”

A

Die man vra vir haar of hy haar hero kan wees.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Skryf in indirekte rede:

Die vrou sê: “Ek wil ‘n worsrolletjie eet.”

A

Die vrou sê dat sy ‘n worsrolletjie wil eet.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Skryf in direkte rede:

Die vrou sê dat hulle twee worsrolletjies wil hê.

A

Die vrou sê: “Ons wil twee worsrolletjies hê.”

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Skryf in direkte rede:

Die verkoper sê dat dit ‘n goeie besluit is.

A

Die verkoper sê: “Dit is ‘n goeie besluit.”

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Skryf in indirekte rede:

Divan sê: “Alex het die doel van agter af begin.”

A

Divan sê dat Alex die doel van agter af begin het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Skryf in indirekte rede:

Alex sê: “Ek is baie lief vir hokkie.”

A

Alex sê dat hy baie lief is vir hokkie.

17
Q

Skryf in indirekte rede:

Elle sê: “Ek wil ook sportief wees.”

A

Elle sê dat sy ook sportief wil wees.

18
Q

Skryf in direkte rede:

Johan sê dat hy gard geval het.

A

Johan sê: “Ek het hard geval.”

19
Q

Skryf in indirekte rede:

Chris sê: “Ek moet die afloswedren wen.”

A

Chris sê dat hy die afloswedren moet wen.

20
Q

Skryf in direkte rede:

Elle sê dat sy beter netbal wil speel.

A

Elle sê: “Ek wil beter netbal speel.”

21
Q

Skryf in indirekte rede:

Juffrou sê: “Ek wag vir ‘n antwoord.”

A

Juffrou sê dat sy vir ‘n antwoord wag.

22
Q

Voeg die korrekte leestekens in:

Die kind se Jippee Ja kom ons draf

A

Die kind sê: “Jippee! Ja, kom ons draf.”

23
Q

Skryf in indirekte rede:

Twice sê: “Ek het ‘n les geleer.”

A

Twice sê dat hy ‘n les geleer het.

24
Q

Skryf in indirekte rede:

Chantelle sê: “Ek wil net voor mense optree.”

A

Chantelle sê dat sy net voor mense wil optree.

25
Q

Skryf in direkte rede:

Meneer sê dat hy na Tommorrowland wil kyk.

A

Meneer sê: “Ek wil na Tommorrowland kyk.”

26
Q

Skryf in direkte rede:

Die klas sê dat hulle by die Waterfront wil fliek.

A

Die klas sê: “Ons wil by die Waterfront fliek.”

27
Q

Vul die ontbrekende leestekens en skryftekens in:

John se ek het al baie fotos van Einstein gesien

A

John sê: “Ek het al baie foto’s van Einstein gesien.”

28
Q

Skryf in indirekte rede:

Jane sê: “Leonardo da Vinci was baie slim.”

A

Jane sê dat Leonardo da Vince baie slim was.