Strategie Flashcards
Doelwit van maatskappy met winsoogmerk?
Oorhoofse doelwit = Om langtermyn waarde vir aandeelhouers te skep;
Nie-finansiële doelwitte = waardeskepping vir ander belangegroepe:
- Ekonomiese prestasie (Volhoubare groei)
- Aandeelhouerswaarde (Aandeleprys; VPA; groei in VPA)
Wat is strategie?
An integrated set of choices that uniquely positions the firm in its industry to allow it to create superior value relative to the competition.
Strategie moet:
1) Konsekwent wees
2) Werklike reaksie op veranderinge in die omgewing
3) Entiteit instaat stel om mededingende voordeel te skep en behou
4) Realisties wees
Vlakke van strategie
1) Korporatiewe strategie
2) Besigheidsvlak strategie
1) Korporatiewe strategie
Mengsel van verskillende besighede en die manier waarop besigheidsvlak strategieë met mekaar intergreer
2) Besigheidsvlak strategie
Hoe ‘n individuele besigheid kompeteer in ‘n spesifieke mark/industrie
Rasionele model: strategie ontwikkeling
1) Vissie, missie en doelstellings;
2) Korporatiewe beoordeling, intern sowel as ekstern;
3) Strategiese alternatiewe;
4) Keuse van strategiese alternatiewe;
5) Implementering van strategie
Visie
Waarna die onderneming streef (toekomsgerig).
Is die antwoord op die vraag: waarheen wil ons gaan en wat wil ons wees/bereik?
Missie
Die fundementele rede vir die bestaan van die maatskappy en die basiese doel wat dit wil bereik, in lyn met die waardes van die maatskppy.
Is die antwoord op die vraag: wat moet ons besigheid wees/wat is ons doel?
Missie:
Potensiële inhoud van ‘n Missie-stelling
- produkte en dienste wat verskaf word
- entiteit se teikenmark
- geografiese terrein van die entiteit
- doel om te groei en winsgewend te wees
- onderneming se waardes
- kwaliteit van produkte en dienste
- entiteit se ingesteldheid teenoor sosiale verantwoordelikheid
Mandaat
Wat ‘n entiteit mag doen en nie mag doen nie soos bepaal deur eksterne owerhede.
Hoekom is doelwitte nodig?
Dit breek die vissie van ‘n entiteit op in verskillende mylpale, wat gemonitor kon word om te verseker dat die vissie as geheel bereik kan word.
Elke doelwit moet met die vissie ooreenstem;
Doelwitte word gebruik om werklike prestasie te beoordeel.
Doelwitte moet:
- kort-, medium- en langtermyn doelwitte uiteensit
- finansiële en nie-finansiële doelwitte insluit
- vasgestel word met die oorweging van die interne en eksterne omgewing waarin die entiteit bedryf
- moet SMHRT wees
Doelwitte moet (SMHRT)
Spesifiek Meetbaar Haalbaar Realisties Tydsbestek
Waardes van n entiteit
Beskryf kultuur waarna entiteit streef, dien as ‘n morele kompas;
Kern korporatiewe waardes bepaal die huidige verwagtings oor wat om te doen en wat om nie te doen nie;
Die werknemers van ‘n entiteit behoort ‘n gemeenskaplike interpretasie te he oor die entiteit se waardes en hoe dit in die praktyk toegepas word.
Waardes
‘n Entiteit se beleid, praktyk, tradisies, filosofiese oortuigings en die manier van dinge doen, skep die ondernemingskultuur;
Hoe sterker die kultuur, hoe groter is die kans dat dit die keuse van strategie sal beïnvloed.
Korporatiewe kultuur
Persoonlike ambisie, filosofie en etiek van sleutelbestuur;
Bestuur is nie onpartydig teenoor die keuse van strategie nie;
Bestuur oorweeg hoe die keuse van strategie die volgende beïnvloed:
- status oor entiteit
- risiko-orientasie
- etietse oortuigings
Belangegroepe
Die doelwitte van die organisasie word bepaal en beïnvloed deur verskeie belangegroepe
Verhoudings met belangegroepe
Interaksie met belangegroepe verskaf nuttige inligting wat die keuse van die entiteit se strategie kan beïnvloed;
Anilise van belangegroepe kan met die volgende help:
- om tendense te identifiseer
- om geleenthede en bedreigings te identifiseer
- om strategiese risiko te bestuur
Belange groepe
Intern: bestuur; werknemers; besigheidsvennote
Ekstern: aandeelhouers; kredietverskaffers; verskaffers; kliënte; regering; omgewings en ander sosiale drukgroepe; vakbonde; plaaslike gemeenskap
Mendlow se matriks
Identifiseer belangegroepe se verwagtinge en mag;
Toegepas om te bepaal:
- die waarskynlikheid dat belangegroepe hul mag sal gebruik om die entiteit se strategie te beïnvloed;
- hoeveel mag het die belangegroepe
Medlow se matriks
Meet vlak van belang en mag
A - belang is laag, mag is laag
B - belang is hoog, mag is laag
C - belang is laag, mag is hoog
D - belang is hoog, mag is hoog
Diagnose van strategiese posisie
Kyk na:
Interne omgewing; en
Eksterne omgewing
Interne omgewing
- kapitaal
- mededingende vermoëns
- sterkpunte en swakpunte van SSGB