BB Hoofstuk 5 - Proseskostestelsel Deel 2 Flashcards
Doel van proseskostestelsel?
Om gemiddelde eenheidskoste te bereken vir al die produkte wat gedurende ‘n periode vervaardig is.
Eerste-in-eerste-uit (EIEU) vs Geweegde gemiddelde (GG)
1) GG
Huidige periode koste + openings WIP koste / eenhede
Eenhede nie aangepas vir WIP begin saldo nie
Asof die vorige periode se koste van vooraf toegedeel word. Dus neem vorige periode kostes in ag by berekening van die eenheidskoste vir die huidige periode.
EIEU vs GG
2) EIEU
Slegs huidige periode se koste;
Neem aan WIP beginsaldo word eerste voltooi;
WIP beginsaldo wat in vorige periode geallokeer is, word nie weer in berekening gebring wanneer die huidige periode se eenheidskoste bereken word nie;
WIP beginsaldo word bloot op die koste-toedelingstaat oorgedra
Wat is die impak van die voorraadwaardasie metode indien daar geen WIP beginsaldo is nie?
Daar is geen impak op die berekening van proseskoste, indien daar nie ‘n WIP beginsaldo is nie.
Normale- vs Abnormale verliese
Waar word verliese geïdentifiseer?
By die inspeksiepunte wat uitgevoer word tydens die produksie proses.
Normale verliese
= verwagte verliese
Slegs insette wat in die produksie proses VERBY die inspeksiepunt beweeg is aan normale verliese onderhewig;
Onvermybaar; Vind plaas Onder effektiewe omstandighede;
Deel van koste om tot huidige toestand en ligging te bring, dus vorm deel van koste van goeie eenhed.
Abnormale verliese/winste
Afwyking van normale verliese, dus meer of minder as normale verliese;
Vermybaar;
Vind plaas onder oneffektiewe omstandighede;
Koste word as ‘n uitgawe erken in W/V en dus nie deel van koste van produk nie.
Normale verliese
Koste van normale verliese vorm deel van die koste van die goeie eenhede en die normale verlies-eenhede veerskyn nie apart op kostestaat of SOI nie, aangesien dit verwag word;
Indien normale verlies verkoop word, word hierdie inkomste teen die totale proses koste afgesit. Indien bestuur normale verlies as wesenlik ag, deel abnormale verlies ook in koste van normale verlies
Abnormale verlies
Koste vorm nie deel van koste van goeie uitsette nie, maar word as ‘n aparte uitgawe erken op kostestaat of SOI.
Indien bestuur normale verlies as wesenlik ag, moet abnormale verlies ook deel in die koste van normale verlies
Abnormale wins
Onstaan wanneer normale verlies minder is as wat verwag is. Dit gebeur as die produksie-proses meer doeltreffend is as verwag;
Abnormale wins = werklike uitset - verwagte uitset
Word waardeer @ gemiddelde koste per eenheid.
Toedeling van normale verliese
Normale verliese - enige inkomste verdien uit die verkoop van normale verlies eenhede;
Word aan die ander uitsette toegedeel, indien hierdie uitsette verby die inspeksiepunt is waar die normale verliese ontstaan het, om sodoende deel uit te maak van die koste van die ander uitsette. In verhouding soos by inset-uitset rekonsiliasie getoon. In die geval van abnormale verliese, slegs indien bestuur normale verlies as wesenlik ag.