FB Hoofstuk 1 - Finansiële Bestuur Flashcards
Maatskappybelasting koers =
28%
Beleggingsbesluite
Fokus op Bate gedeelte van SFP
Finansiële Besluite
Fokus op Ekwiteit en Laste gedeelte van SFP
Doelwitte van Finansiële Bestuur:
Hoekom is wins nie ‘n gepaste doelwit nie?
Manupilasie van winste tot nadeel van maatskappy (bv. Waardevermindering)
Wins neem nie tydwaarde van geld in ag nie (Tydsfaktor)
Kontantvloei vs Rekeningkndige Wins verskil gewoonlik
Risiko oorwegings = Hoër winste kan hoër risiko bedoel dus lei tot laer aandeelhouerswaarde
Doelwitte van Finansiële Bestuur is die volgende:
Verhoog waarde van entiteit en aandeelhouer;
Handhawing van langtermyn volhoubaarheid;
Optimale toedeling van skaars hulpbronne;
Opbrengs > Koste van Kapitaal
Koste van Kapitaal = die opbrengs wat ‘n entiteit teoreties aan hul finansierders betaal om hulle te vergoed vir die risiko wat hulle neem.
Ekonomiesewaarde toevoeging
EWT = Bedryfswins na belasting - Koste van finansiering
Vorms van eienaarskap van entiteite:
Geen beperking op aanspreeklikheid:
- Eenmansaak/Alleeneienaar
- Vennootskap
- Peersoonilke Aanspreeklike Maatskappye
Vorms van eienaarskap van entiteite
Beperking op aanspreeklikheid:
- Privaat Maatskappy (Pty.) Ltd.
- Publieke Maatskappy (Pty.) Ltd.
- BK
Rol van finansiële bestuurder
Vind fondse benodig vir finansiering vir beleggings
2 Kategoriee van beleggings geleenthede:
- Operasionele bates = belegging in bedryfs- en nie-beryfsbates
- Finansiële bates = ekwiteitsaandele, voorkeuraandele, verband, geldmark
Tipes finansiering beskikbaar:
1) Kapitaalmark - uitreik van aandele/skuldbriewe (langtermynfinansiering)
2) Geldmark - Korttermyn finansiering
3) Krediteure - Bedryfsbates word grootliks gefinansier deur krediteure
4) Behoue verdienste - Deel van wins wat herbelê word in entiteit
Die agentskap probleem?
Daar bestaan ‘n skeiding tussen aandeelhouers en bestuurders;
Die probleem: Bestuurders tree op as agente vir aandeelhouers, maar kan moontlik eie belange eerste plaas in besluitnemings ipv die van die aandeelhouers;
Hoe om agentskap probleem te voorkom?
Monitor kostes;
Implementeer kontroles;
Salaris aansporinge;
Aandeelopsies
King III Report
Beheer SA gebasseerde maatksappye se korporatiewe beheer sake deur:
- Deur direksie verantwoordelik te maak om die etiek effektief te bestuur
- Bv. Implementering van goeie etiese beleid; vestig ‘n kode van gedrag; voldoen aan wette en regulasies
- Verseker verdeling tussen bestuur en eienaars, verseker dat daar in die beste van die aandeelhouers se belange opgetree word