BB Hoofstuk 3 - Bokoste Toedeling Flashcards
Koste wat aan produkte geallokeer word bestaan uit 2 kategorieë:
1) Direkte koste = direk toeskryfbaar aan die koste voorwerp
2) Indierekte kostes = bô-koste = kan nie direk aan die koste van die koste voorwerp toegedeel word nie, en word dus aan verskillende produkte toegedeel.
Bokostetoedeling
Indirekte kostes kan nie direk na koste voorwerp toegedeel word nie;
Daarom moet indirekte kostes aan die produkte toegedeel word;
Dit word toegedeel o.g.v. ‘n allokasiebasis/toedelingsgrondslag/koste-drywer. Arbitrer manier word gewoonlik in tradisionele kostetoedelingstelsel gebruik, bv. Direkte arbeidsure/masjienure/produksie-eenhede
Bokostetoedelings metodes
1) Aanleg-wye bokostekoers
Bakers vervaardigingsaanleg:
Kostedrywer = direkte arbeidsure (DAU’e) = 600 000
Bokoste = huur + indirekte arbeid + elektrisiteit + skoonmaakdienste = R9 000 000;
Dus Aanleg-wye bokostekoers = R9 000 000 / 600 000 DAU’e
= R15 p/DAU’e
Bokostetoedeling metodes
1) Aanleg-wye bokostekoers
M.A.W. elke DAU wat aan elke produk in die aanleg spandeer word, word R15 se bokoste aan die produk toegedeel.
Indien 20 arbeidure gebruik = R15 p/au x 20 DAU’e = R300 per baksel, sonder dat enige direkte vervaardigingskoste al toegedeel is.
Probleem met aanleg-wye bokostetoedelingskoers
Verskillende departemente bestaan met verskillende koste tot arbeidsure verhouding
Watter metode moet ek gebruik?
Aanleg-wye koerse kan slegs regverdig word indien alle produkte departementele bokostes in dieselfde verhouding gebruik. Bv, indien alle produkte dieselfde hoeveelheid koste en arbeidsure in elke departement het, sodat die koste per arbeidsuur van elke departement dieselfde kan wees.
Watter metode moet ek gebruik
Indien die koste per arbeidsure van elke departement nie dieselfde is nie, kan die aanle-wye koers tot onakkurate koste-inligting lei en dus kan verkeerde besluite gebasseer op die inligtng geneem word.
Dus gebruik: DEPARTEMENTELE BOKOSTEKOERS
Wat gebeur met diensafdeling in voorbeeld 3.1?
Diensafdeling se totale bokoste word toegedeel aan die vervaardigingsafdeling;
Vervaardigingsafdeling = kumulatiewe proses waar kosters toegedeel word soos wat die produk deur die vervaardigingsproses beweeg.
Meeting van koste
Meet hoe ‘n koste sal verander indien daar ‘n verandering in ‘n onderliggende aktiwiteite is. Elke koste word deur ‘n aktiwiteit aangedryf (koste drywer).
Bv. Aantal eenhede geproduseer, aantal eenhede verkoop, ens.
Keuse van koste drywer?
Die aktiwiteite wat die nouste verwant is aan die koste, m.a.w. Due aktiwiteit want die koste veroorsaak het.
3 metodes vir interdiensafdeling allokasie (aas daar meer as 1 diensasfdeling is en verskaf dienste aan mekaar)
M.B.T. Stap 2 van die bokostetoedeling stelsel
1) Stapsgewyse-metode
2) Direkte-metode
3) Gelyktydige vergelyking-metode
1) Stapsgewyse-metode
Goue reël = die diensafdeling wat die hoogste % dienste aan die ander diensafdeling lewer, word eerste geherallokeer aan die ander diensafdeling, sowel as aan die produksie-afdeling. Tensy vraag spesifiek volgorde verskaf.
Daarna word die ander diensafdelings SLEGS aan die produksie-afdelings geherallokeer.
2) Direkte-metode
Goue reël = ignoreer die interdiensafdeling allokasie. Aanvaar dat diensafdelings slegs aan produksie-afdeling dienste lewer, en dus slegs aan produksie-afdelings geherallokeer.
3) Gelyktydige vergelykings-metode
Wanneer hierdie metode gebruik word, word gelyktydige vergelykings gebruik:
X = totale bokoste van diensafdeling 1
Y = totale bokoste van diensafdeling 2
Word bokostekoerse op begrote of werklike inligting bereken?
Het tot dusver werklike inligting gebruik om bokoste te bereken, maar kan probleematies wees om werklike bokoste aan produkte toe te deel:
- Produkkoste word bereken eers aan einde van periode, dus kan geen begrotings, beplannings en besluite vooraf geneem word indien werklike inligting gebruik nie;
- Fluktuasies ontstaan in produkkoste oor die korttermyn
Word werklike of begrote inligting gebruik om bokoste koerse te bereken?
Dus, ‘n gemiddelde, jaarlikse koers, gebaseer op normale/verwagte/begrote bokoste en aktiwiteitsvlakke, sal gebruik word.
Dus, reg deur die jaar, word bokoste o.g.v. BEGROTE BOKOSTEKOERSE, aan produkte toegedeel.
Koste van voorraad
Vaste produksie bokoste word toegedeel o.g.v. NORMALE kapasiteit van produksie fasiliteite.
Normale kapasiteit = gemiddelde vlak van produksie onder normale omstandighede; met inagneming van verlies aan produksie vir beplande instandhouding; kan WERKLIKE kapasiteit gebruik vir toedeling van vaste bokoste indien NRW > KP is.
Indiend werklike kapasiteit < normale kapasiteit = ONDERverhaling
Ongeallokeerde vaste produksie bokoste word erken as ‘n uitgawe as Koste van Verkope in W/V in die periode waarin aangegaan;
Vaste produksie bokoste per eenheid word nie aangepas a.g.v. Lae produksievlakke nie
Indien werklike kapasiteit > normale kapasiteit = OORverhaling
Verminder vaste produksie bokoste per eenheid sodat voorraad nie teen meer as kosprys erken word nie. D.W.S. Gebruik werklike kapasiteit om vaste produksie bokoste toe te deel.
(Oor-) of Onderverhaling
Bekoste toegedeel = werklike aktiwiteitsvlak x begrote bokostekoers;
(Oor-) of onderverhaling = Werklike bokoste - Bokoste toegedeel;
Spanderings (oor-) of onderverhaling = werklike bokoste - begrote bokoste;
Produksie (oor-) of onderverhaling = (begrote ure - werklike ure) x bokoste koers;
Bokoste toedeling
Vervaardigingsbokoste toegedeel + oor- of onderverhaling moet altyd = aan die werklike bokoste spandeer