FB Hoofstuk 6 - Waardasies Flashcards
Wat is die waarde van ‘n bate?
Dit is gelyk aan die waarde van verwagte toekomstige kontantvloeie
Verlangde opbrengskoers vs verwagte opbrengskoers
Die bepaling van die verlangde opbrengskoers is baie belangrik, dit is die opbrengs wat beleggers verwag om te ontvang, gegewe die omgewing waarin die belegging gemaak is.
Verlangde opbrengskoers = verdiskonteringskoers
Verlangde opbrengskoers vs Verwagte opbrengskoers
Indien die waardeerder wil weet wat die verlangde opbrengskoers is van ‘n skuldbrief, is dit moontlik om ander skuldbriewe met soortgelyke nutsdure en risiko te identifiseer en die verwagte opbrengs daarvan te bereken.
Verlangde opbrengskoers vs Verwagte opbrengskoers
Maar, die bate wat mees gereeld gewaardeer word is aandele, en dit is meer moeilik om soortgelyke aandele te identifiseer om die verwagte opbrengskoers te bepaal. In sulke gevalle is dit nodig om te probeer om die verlangde opbrengskoers te identifiseer, gegewe die omstandighede.
Verlangde opbrengskoers vs Verwagte opbrengskoers
Verlangde opbrengskoers op ‘n maatskappy se aandele is die koste van ekwiteit vir daardie aandele vir die maatskappy.
3 tipes instrumente
1) R186 Staatseffekte (risiko vry)
2) Skuldbriewe
3) Voorkeuraandele
Redes vir waardasies:
Genoteerde maatskappye
Bepaling van die waarde is nodig wanneer daar ‘n oorname aanbod is, om te bepaal of die prys aangebied ‘n beraamde billike waarde is wat die huidige markwaarde van die aandele oorskry.
Redes vir waardasies:
Ongenoteerde maatskappye
Nodig vir die bepaling van die uitreikingsprys vir notering;
Nodig indien samesmeltings plaasvind;
Bepaal markwaarde wanneer aandele verkoop word;
Vir belastingdoeleindes - kapitaalwinsbelasting;
Indien die aandele as sekuriteit vir ‘n lening aangebied word.
Redes vir waardasies:
Filiale
Waarde nodig wanneer die moeder die filiaal verkoop
Redes vir waardasies:
Enige maatskappye
Indien ‘n aandeelhouer sy belang in die maatskappy wil verkoop of uitbrei.
Waarde van instrument?
Huidige waarde (PV) van alle toekomstige verlangde kontantvloeie (winste/kontant/dividende/rente) verdiskonteer @ die toepaslike verlangde opbrengskoers (wat die risiko van die instrument weerspieël) Verdiskonteringskoers = verlangde opbrengskoers
Wat het ons nodig om waardasie uit te voer?
Bedrag van elke toekomstige kontantvloeie (PMT en FV)
Periode (aflosbaar vs nie-aflosbaar) (n) Verlangde Opbrengskoers (verdiskonteringskoers) (I/YR)
Impak van verlangde opbrengskoers op die waarde van ‘n bate?
Indien opbrengs van A > opbrengs van B is, waar A en B dieslefde risiko het, kan ons sê dat A ‘n hoër waarde het, sonder om die werklike waarde van A en B te bereken.
Impak van risiko op die waarde van ‘n bate
Indien die risiko van A < die risiko van B is, kan ons sê dat die waarde van A is hoër as B s’n aangesien die risiko van A laer is. Ons kan dus ‘n “waarde” voeg aan A, sonder om die werklike waarde van A te bereken.
Perpetuïteite
Geen vervaldatum;
Waarde van perpetuïteite = PMT / verdiskonteringskoers (verlangde opbrengskoers)
PMT verteenwoordig kontantvloei
Staatseffekte
Is skuld instrumente wat deur die regering gebruik word om langtermyn finansiering te bekom;
Deur tesourie uitgereik en die belegging deur die regering gewaarborg;
RSA staatseffekte is gelys op BESA
Staatseffekte
Opbrengs tot vervaldatum is die opbrengskoers wat deur die instrument oor sy leeftyd gelewer word;
Is soos aandele verhandelbaar;
Verteenwoordig risiko-vrye beleggings
Staatseffekte
Voorbeelde: - Vastekoers effekte
- Swewende effekte
- Nul koepon effekte
Gebruik as beginpunt vir vasstelling vir verlangde jaarlikse opbrengskoers vir instrument wat geen/baie min risiko dra.
Skuldbriewe: Wat is dit?
Skuld instrumente;
Gewoonlik onversekerd;
Gewoonlik deur maatkappye uitgereik wat finansiering benodig om kapitaal projekte aan te pak;
Betaal hoër rentekoerse as staatseffekte want dis meer riskant.
Waarde van skuldbriewe?
Bepaal deur die vervaldatum van die skuldbrief:
- Aflosbaar = PMT + kapitaal
- Nie-aflosbaar (Perpetuïteit) = PMT
Waarde van Nie-aflosbare skuldbrief (Perpetuïteit) = PMT / verdiskonteringskoers
Sigwaarde van skuldbrief = R100
Koeponkoers = 15% per jaar
Opbrengskoers in mark = 9% per jaar (verdiskonteringskoers)
Waarde van perpetuïteite = PMT / verdiskonteringskoers
= (100 x 0,15) / 0,09
= R166,67
Waarde van Aflosbare skuldbrief = PMT + Kapitaal
Sigwaarde van skuldbrief = R100
Koeponkoers = 15% per jaar
Koepon betalings vind 2 keer p/jaar plaas
Aflosbaar oor 5 jaar
Opbrengs in mark van soortgelyke skuldbriewe = 9% per jaar (Verdiskonteringskoers)
Waarde van Aflosbare skuldbrief = PMT + Kapitaal
FV = 100 P/YR = 2 N = (5 x 2) = 10 PMT = (100 x 0,15)/2 = 7,5 I/YR = 9 PV (huidige waarde) = R123,74; werklike waarde > verlangde waarde
Basispunte
Rentekoers was oorspronklik 10%
1 persentasie punt (1%) = 100 basispunte
Dus 10% = 10 x 100 basispunte = 1 000 basispunte